In Memoriam Rina Rock

In Memoriam Rina Rock

Gansbaai Courant

Rina is Saterdag, 15 Maart na 'n lang siekbed oorlede. Rina sal lank onthou word vir haar vrygewigheid in die gemeenskap.

In 2006 help sy die Gansbaai Duiweklub op die been, vandag nog pluk die klublede die vrugte daarvan. Rina het baie donasies aan verskillende instansies gegee en was 'n groot borg van Laerskool Gansbaai se Kreefderby.

Herberg-aan-See se mense praat nou nog van die Kersgeskenke en Kersete wat Rina vir hul gehou het. Sy het die minder bevoorregte kinders van Gansbaai en omgewing 'n wonderlike Kersboom met geskenke en eetgoed gegee. Rina het die sopkombuis in Blompark gehelp met kos en komberse in die winter aan minder bevoorregtes geskenk. Sy het onder andere vir Lynette van Wyk gehelp deur vir haar heupvervanging te betaal.

Rina sal gemis word deur haar familie en vriende. Mag sy nou in vrede rus. 

 Ons innige simpatie en medelye aan die kinders, kleinkinders en familie van mev Rina Rock. Sy was die afgelope paar jaar ‘n getroue ondersteuner van Laerskool Gansbaai en ons gaan haar teenwoordigheid beslis mis.

Skoolhoof  &  Personeel,  Laerskool Gansbaai

In Memoriam Rina Rock

5 April 1947 - 15 Maart 2014

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant