Pistoolklub geniet Braai

Pistoolklub geniet Braai

Gansbaai Courant

Die vrolike groep pistoolskieters met smaaklike borde kos  tydens ‘n sosiale byeenkoms in hulle klubhuis, met voorsitter Alec Kitley wat links heelagter probeer wegkruip

 “Vandag se Bring & Braai het op onderlinge sosialisering gefokus - ons wou sommer net ‘n bietjie saam kuier,” vertel Alec Kitley, voorsitter van Gansbaai Pistoolklub. Dit is vanjaar die klub se 20ste verjaardag, nadat dit op 10 Februarie 1994 gestig is. Sake verloop, ná al die jare, steeds vlot en al skietende binne klubgeledere.

Op Saterdag, 15 Maart 2014 is 12 van die klublede met smaaklike borde, gevul met braaivleis en slaaie, by die klubhuis opgespoor - vir ‘n slag sonder vuurwapens in die hande. Belangstellendes in die op-en-wakker pistoolklub van Gansbaai kan inskrywingsvorms en relevante inligting by Gansbaai Toerisme gaan afhaal. Die klub se oefentye onder die wakende oog van hulle ervare voorsitter, is elke Saterdagoggend vanaf 08:00 tot ongeveer 10:30 en kinders met windbukse is eweneens welkom.

Enige navrae kan aan ondervoorsitter Andy Hammond by 028-384-2062 gerig word, of skakel voorsitter Alec Kitley by 028-384-0335 of 083-379-2275.

Hardus Botha

Pistoolklub geniet Braai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant