Groot skok toe TV ontplof

Groot skok toe TV ontplof

Gansbaai Courant

Neville Harker sit langs sy TV wat, nádat dit ontplof het, op die ashoop beland het

“Dit het geklink soos veraf geweerskote toe ons TV in die sitkamer ontplof het,” vertel Neville Harker van Franskraal Karavaanpark.

Hy en sy eggenote, Madeleine, was gelukkig nie teenaan die TV toe dit ontplof het nie, maar het hulself boeglam geskrik. Neville sê hy het die gewoonte om die TV teen die muur af te skakel wanneer hulle klaar gekyk het.

Oudergewoonte het hy dit weer op Maan-dag, 17 Maart 2014 om 16:45 aangeska-kel en met die afstandbeheer-toestel ‘n entjie weg (gelukkig!) gaan staan. “Eers was daar net ligte rook, waarna ek die TV weer afgeskakel het, maar die vol-gende oomblik was dit net ‘n hewige slag met pikswart rook wat die hele huis gevul het,” vertel Neville. Hy sê hy is daarvan oortuig dat, indien hulle nie tuis was nie, die huis sou afgebrand het. “Dit was vir ons ‘n baie groot skok, maar terselfdertyd wil ons baie dankie sê aan ons bure, Marie de Lange, Johan Foges en Riaan Maree wat ons binne oomblikke te hulp gesnel het.” Madeleine sê dit was harde werk om alles weer skoon te kry, aangesien die pikswart rook alles bedek het. Met die tong in die kies het sy na die TV as Neville se “aarvoeding” verwys wat nou daarmee heen is. Lesers met ‘n goeie geheue sal onthou dat ‘n foto van Neville op sy fiets, met sy wit poedeltjie, Candy (wat intussen dood is) op sy skouer, op Gansbaai Courant van 16 April 2004 se voorblad gepryk het. Die onderskrif het gelui: “Alle wiele het Woensdag stembusse toe gerol. Neville Harker en Candy, sy wit poedel, het die lang pad vanaf Franskraal Karavaanpark na Kleinbaai se stembus aangepak om te gaan stem.”

Hardus Botha

 

Groot skok toe TV ontplof

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant