Gansbaai Toerisme Nuus

Gansbaai Toerisme Nuus

Gansbaai Courant

Gansbaai het 'n wonderlike 3 maande agter die rug met verskeie suksesvolle aktiwiteite wat aangebied is, soos die Birkenhead Herdenking, die Lighthouse to Lighthouse Bergfietswedren, die Pearly Beach Affaire en die VLV Overbergkongres om net 'n paar  te noem.

Die weer het saamgespeel en almal wat hier gekom het, het met lof oor al die aktiwiteite waaraan hulle kon deelneem, gepraat. Waarna kan u vir die res van die jaar uitsien? Onthou elke eerste Saterdag van die maand stap die Strand-Veld Voetslaanklub 'n ander roete en so verken hulle die area en die plantegroei.

Op 9 April kom stap 'n klomp (meer as 300 ) polisiemanne en -vroue hier in Gansbaai - 'n spesiale uitgewerkte roete. Die bymekaarkompunt is op die Munisipalesportgronde en almal word uitgenooi om hulle welkom te heet en gesellig saam te verkeer. Kom ons wys hulle watter vriendelike mense in Gansbaai bly!

Paasnaweek - geen Kreef Derby hierdie jaar nie, dus kan al die besoekers rustig verkeer en die aktiwiteite en restaurante geniet. Naweek van die 26ste April bied Laerskool Gansbaai 'n Potjiekoskompetisie aan. Ons het besluit om nie 'n Winter Fees van die Ganse aan te bied nie - die weer speel nooit saam nie, MAAR maak ‘n groot rooi merkie in jul dagboek vir die naweek van 12-14 September. Groot dinge word beplan - 'n Funky Fynbosfees in die Uilkraalvallei en iets besonders hier in die dorp - “to tempt your tastebuds”!  

(Indien u graag 'n stalletjie by die Funky Fynbosfees wil bedryf,  stuur 'n epos aan gansbaaimanager@telkomsa.net, en jou naam sal solank op die lys geplaas word. Meer inligting sal binnekort beskikbaar wees) As julle klubs of organisasies iets beplan en dit is nie hier gelys nie - laat weet ons onmiddellik en ons plaas dit op ons kalendar.

Ons is besig met opknappingswerk binne en buite die buro. Kom maak gerus 'n draai by die buro en gesels met ons vriendelike personeel, of skakel ons by 028-384-1439. Die van julle wat hier kuier - geniet die tydjie hier.

Glenda Kitley - Bestuurder

Gansbaai Toerisme Nuus

Glenda Kitley

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant