Joligheid tussen Tehuise

Joligheid tussen Tehuise

Gansbaai Courant

Die groep wat in Herberg-aan-See opgetree het, met vlnr  Con Swart, Dirk Büchner, Eva Büchner, John van Rooyen (Bestuurder: HaS) en Magdel Eilers

 ‘n Groepie bekende plaaslike mense het sommer vir ‘n groot joligheid by Herberg-aan-See (HaS) gesorg. “Tussen die twee Tehuise, Huis Breda en Herberg-aan-See, kom ons so een keer per jaar bymekaar vir interaksie tussen die onderskeie inwoners,” vertel John van Rooyen, Bestuurder: HaS. Dirk en Eva Büchner van Huis Breda in De Kelders stem saam dat sodanige interaksie tussen die inwoners ‘n belangrike rol speel.

Die groep musikante wat vir die gesellige vermaak met opgewekte sang en musiek gesorg het, is Dirk (kitaar & sang) en Eva Büchner (sang), Magdel Eilers (klawerbord & sang) en die 83-jarige Con Swart (mondfluitjie & sang). Dan het Eva en Dalene Jooste verdere vermaak in die vorm van lyndanse (in Cowgirl-uitrustings) aan die twee Tehuise se inwoners verskaf. Die toeskouers het dit moeilik gevind om stil te sit en die voete en hande was die hele tyd ritmies aan die woel.

Vir navrae en/of ondersteuning kan Eva Büchner van Huis Breda by 079-319-1755 geskakel word en John van Rooyen van Herberg-aan-See by 028-384-0501. 

Hardus Botha

Joligheid tussen Tehuise

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant