Cansa Relay For Life Overstrand 2014

Cansa Relay For Life Overstrand  2014

Gansbaai Courant

Die Cansa Relay For Life het weer vir vele pret gesorg met dié jaar se tema : “Kanker oor grense”.  Die spanne is gevra om verskillende lande se kleredrag, vlae, kultuur en uitstaande kenmerke uit te beeld. Die belangrikste komponent was die navorsing wat elke span moes doen oor die tipe kanker wat die meeste in daardie spesifieke land voorkom en die redes daarvoor. Ons was verras met die kreatiewe maniere waarop die spanne die uitbeelding gedoen het. Pryse is toegeken aan Denemarke( Nissan) vir hul landsvlag wat gemaak was van plaatkoek en kolwyntjies. Die prys vir die beste plakkaat wat die inligting oor kanker in Suid-Afrika  uitgebeeld het, is aan Safe Security toegeken. A-Team het vir Lesotho uitgebeeld en het baie moeite gedoen om tradisionele kleredrag en toerusting te vertoon.

Die dag het ook gesorg vir vele vermaak vir oud en jonk. Kunstenaars wat opgetree het was onder andere Mika en Lara, Manie Jackson, Charne Hugo, Edian Barnard, Neels Moir, Jeandre van der Walt, Theresa, asook die Line-dancers (Dee Ridge) en Lani’s Latin America Ballroom Dancers. Nog ‘n hoogtepunt was die “Wêreldbeker”.  Spanne het eier-, driebeen- en kruiwa-stootresies gehardloop en Checkers het weggehardloop met die beker.  Die manne van “Round Table” het gesorg vir die kos, soos heerlike lams, wild- en hoenderpotjie, hamburgers, boereworsrolletjies, roosterkoek en slaptjips. Oasis het ons gesond gehou met water en Cathy de Villiers het die heerlikste groentesappe verkoop. 

Hierdie jaar was daar ‘n totaal van 105 oorwinnaars en 75 spanne wat die Relay For Life 2014 bygewoon het. Ons wil ook sommer van die geleentheid gebruik maak om al die oorwinnaars uit te nooi na ons ondersteuningsgroep wat elke derde Woensdag van die maand om 10:00 by Europa Restaurant plaasvind.  Hier gesels ons nie net oor die moeilike tye van diagnose en behandeling nie, maar deel belangstellings, gesonde leefstyl en sprekers wat hul kundigheid oor verskeie onderwerpe deel.

Kansa wil graag al die vrywilligers wat die Relay For Life Overstrand 2014 moontlik gemaak het, bedank vir hulle onbaatsugtige diens! Ons wil ook elke borg, die spanne asook die dagbesoekers  bedank vir hulle bydrae tot die jaar se suksesvolle Relay For Life.

Cansa Relay For Life Overstrand  2014

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant