Gansbaai vat vlam op rugbyveld

Gansbaai vat vlam op rugbyveld

Gansbaai Courant

Wen 43 – 25

Black Leaves van Gansbaai het verlede Saterdag op sy tuisveld behoorlik met die Proteas van De Doorns afgereken en die veld met 'n vyfpunter verlaat (bonus).

Albei hierdie twee klubs neem vanjaar nuut deel aan die Boland se Superliga kompetisie. Ironies was dit dan tog ook so dat dit die sogenaamde "Top Dogs en Under Dogs" was wat teen mekaar geopen het. Die vorige vier vriendskaplike wedstryde waartydens Michael Vermeulen die manne geslyp het, het die noodsaaklike laat gebeur. Toe die derde en tweede spanne ook nog onderskeidelik hulle wedstryde met 15-0 en 19-0 wen was daar groot vertroue vorentoe ingeboesem.

Black Leaves geniet hierdie komende naweek 'n welkome ruskansie waarna Genadendal weer op 12 April (weg) aan die beurt kom. Op die dag se samespel kan hierdie drie verteenwoordigende spanne vorentoe tot krag gaan. Veral die ervaring en jeug in die B-span het getoon watter mededinging daar is. Koppe, Maans, Felix, Gordon, Andrew, Peter John en Louw se ervaring in die 3de span kan net die dryfveer wees.

Die 2de span is ook nog 'n betreklik jong span wat hul goed van hul taak gekwyt het. Hier het Raymond Kapot glad nie teleurgestel met sy algemene spel nie. Die twee jong skrumskakels, Brendan Dickson en Daan Otto het nou alle blootstelling agter die rug om te gedy. Die eerste span het alreeds hul wedstryd met hul bonuspunt 3 die wedstryd beklink gehad, maar tog het die onbekende De Doorns hulle beproef vir 80 minute rugby. Dit is presies wat hierdie kompetisie gaan vereis. Maar die span het met sy agterlyn vanjaar bewys hulle wil opponente dronk hardloop soos in die geval toe hul puntemakers almal agterlynspelers was. 'n Goeie fondasie natuurlik deur die agttal.

Puntemakers: Drieë: Delano Booysen (2), Melly Tobias (1), Clayton Niemand (1), Gavin Smit (1) en Steward Jacobs (1). Doelskop: Steward Jacobs (5). Strafskop: Steward Jacobs (1).

So Sê Bra G

Gansbaai vat vlam op rugbyveld

Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant