Lokaas

Lokaas

Gansbaai Courant

Hoewel almal seker sal saamstem dat die gebruik van lokaas baie voordelig kan wees, is dit tog iets wat normaalweg baie afgeskeep word.

Dit is interessant om te let waarop die ervare hengelaars die aandag vestig. Veral wat boothengel betref is daar heelwat faktore om in ag te neem wanneer lokaas gebruik word.

Dit is bekend dat wanneer daar ‘n stroom is dit wys is om van fyn lokaas gebruik te maak in plaas van stukke omdat hierdie stukkies eenvoudig te gou weggedryf word, en bowendien die vis weglok. Die gebruik van ‘n sakkie (van net gemaak) is ook aan te beveel en dit kan boonop op verskillende maniere gebruik word. ‘n Klip daarin as gewig en met ‘n lang tou verbind aan die volgemaakte sakkie  waarin die fyngekapte aas geplaas is kan sommer langs die boot laat sak word. ‘n Handige wenk is ook om ‘n groterige ring aan die sakkie te bind en die ankertou word dan daardeur gelaat en die sakkie met aas met sy swaarderige gewig word dan tot so naby as moontlik aan die anker laat sak. Enige stroom sal vanaf die anker in die rigting van die boot beweeg en sodoende ook die vrygelate aas meevoer. Die sakkie word uiteindelik saam met die anker opgetrek Wanneer veral kabeljou en geelstert gevang word, en daar is nie ‘n stroom nie is die direkte toevoeging van fyngekapte lokaas (gewoonlik sardyne) ‘n groot bate.

Wat gebeur by die water? Die weer verander daagliks maar dis hierdie tyd van die jaar dat ‘n weste- of noordwestewind die hoop laat opvlam vir geelbek. Sommiges praat van die wintergeelbek. Wat die manne met die lang stokke betref  --  die baie witsteenbras en mooi kabeljoue (die suidoos het ook sy voordele) wat nou al oor ‘n tydperk gevang word moet enige hengelaar woema gee om ook te probeer. Die galjoen is nog nie vet nie, maar wie gaan nee sê vir hierdie koning van braaivisse? Op die oomblik is die vet hotties ‘n welkome keuse en vir sommiges selfs ‘n prioriteit. Gee net daardie galjoen ‘n kans om lyf te kry, dan praat ons weer.

Lekker langs en op die water. Groete, Seemeeu

Lokaas

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant