TIK Waansin

TIK Waansin

Gansbaai Courant

 “Ek wil mense graag waarsku - waar TIK gebruik word, is die gevolge daarvan nie speletjies nie,” het ‘n geskokte en bewoë Jacoba Europa van Dahliastraat 17, Blompark, voormalige Bestuurder: Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum gesê.

Jacoba se huis het op Sondag, 6 April erg onder ‘n verwoede jongman, vermoedelik onder die invloed van TIK en alkohol, deurgeloop. Sowat 20 vensters, 2 groot glasdeure, kaste en houtdeure is deur hom met ‘n byl verwoes. Die huis is letterlik in chaos gedompel met groot skade wat aangerig is.

Jacoba Europa in een van die vertrekke waar die deur, vensters en selfs kaste met ‘n byl bygekom is

 “Die hartseerste van dit alles is dat dit ‘n seun is wat ek vanaf ouderdom 3 jaar grootgemaak het en hy het die skade op sy 29ste verjaardag aangerig.” Jacoba vertel dat hy geruime tyd gelede die huis verlaat het, maar het Desember verlede jaar teruggekeer. Hy het aan haar gesê dat sy lewe verkeerd geloop het, maar dat hy gerehabiliteer wil word en of sy hom weer sal inneem. “Ek het hom jammer gekry en gesê hy kan maar terugkom, wetende dat hy steeds TIK gebruik,” sê sy. Hy het vir sy verjaardag na ‘n partytjie daar naby gegaan en sy het by haar skoonsuster gaan kuier. “My buurvrou het geskakel en gesê ek moet dringend terugkom, daar is groot moeilikheid in my huis en ek het gevra hulle moet solank die polisie skakel.” Die buurvrou het weer geskakel en haar gewaarsku om nie terug te kom nie, aangesien die man haar ook met die byl wil kap. “Almal was bang vir die byl, maar van die ander seuns daar het hom met klippe begin gooi en hy het in die straat afgehardloop,” sê Jacoba. “My hartseer is groot. Ek het 4 seuns en ‘n dogter in my huis grootgemaak en wat nou gebeur het, is vir my ‘n baie groot skok,” vertel Jacoba. “My smeking aan my medemense is net om TIK met hand en tand te beveg, want die gevolge van die gebruik daarvan is baie erg.” ‘n Klag is by Gansbaai SAPD gelê, wat bevestig het dat hulle op soek is na Llwellyn Daniels (29) vir ondervraging na aanleiding van die gebeure. Die ondersoekbeampte is Sp-Sers Leon Crafford en enige persoon met inligting kan hom by 028-384-0201 skakel.

Hardus Botha

TIK Waansin

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant