Mooi spinnekop nie giftig

Mooi spinnekop nie giftig

Gansbaai Courant

‘n Onlangse foto van die pragtige Nephila-spinnekopwyfie, met die vaal mannetjie skuins bokant haar

Navrae op “Wat maak vir Gansbaai lekker?”, was gemik op die enorme spinnekopweb oor die bosse aan die kant van Gansbaai Karavaanpark. Dit is weer tyd vir die Nephila, verkorte naam vir die Nephilengys spinnekopspesie (“golden orb web spiders”). In ‘n vorige berig in Gansbaai Courant (3 Mei 2012) is daar na hierdie spesie verwys, met navrae wat aan Kaapstad se “Spider Club” gerig is. Een kenmerk van die spesies Nephilengys en Clitaetra is die enorme web wat gespin word, waar daar in sommige gevalle ‘n hele paar van die spinnekoppe woon. In alle gevalle is die mannetjie baie klein en vaal (bruinerig) in vergeleke met die pragtige en swart-gelerige groot wyfie. Die lengte van volwasse wyfies kan tussen 20mm en 35mm wees. Die kleurskemas van die wyfie, asook die vorm daarvan, kan varieër tussen jong en meer volwasse wyfies. Die Spinnekopklub het destyds laat weet dat die voorkoms van hierdie spesies nie ongewoon is nie. “These large, shy but beautiful spiders may look formidable but are not aggressive, and even those who walk into their webs are unlikely to be bitten and although their bite is painful, it is not of great medical importance,” het die voorsitter laat weet.

Die navraers kan dus gerus voel dat hierdie spinnekop geen gevare inhou nie.     

Hardus Botha

 

Mooi spinnekop nie giftig

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant