Senior burgers slaan munt uit hul gesinshuise

Senior burgers slaan munt uit hul gesinshuise

Gansbaai Courant

Met lewenskoste wat aanhou styg en 'n groot hap uit aftreefondse neem, ontsluit senior burgers in talle van SA se gevestigde voorstede waarde in hul groot gesinshuise - nie deur dit te verkoop nie, maar deur dit te verhuur en dan self kleiner verblyf huur wat makliker is om te behartig. 

"Dié nuwe tendens maak sin vir ouer huiseienaars wie se kinders reeds uit die huis uit is en wat beplan om weens sekuriteit of makliker onderhoud van eiendom af te skaal, of straks omdat hulle hul inkomste wil aanvul," sê Harcourts Real Estate se Richard Gray.  "Sulke eienaars het gewoonlik 'n baie klein uitstaande verband of die eiendom is ten volle afbetaal en hulle kan dus aansienlike huurinkomste vir gesinshuise met drie of vier slaapkamers in gesogte of sentrale woonbuurte verdien, veral in die heersende mark waar huurvraag sterk is en tekens van verdere groei toon."  Eienaars behou die eiendom as 'n finansiële bate en as hulle gelukkig is, sê hy, is daar straks 'n woonstel of kothuis op die perseel waar hulle "gratis" kan woon terwyl hulle 'n inkomste uit die gesinshuis verdien. 

"Andersinds teiken hulle gewoonlik huurwoonstelle of meenthuise in veilige woonkomplekse, waar onderhoud aan die eiendom nie hulle verantwoordelikheid is nie en hulle die deur agter hulle kan sluit as hulle wil gaan kuier of reis. En die maandelikse huurgeld vir sulke eenhede word gewoonlik ruim deur hul huurinkomste gedek wat meebring dat hulle ietsie ekstra in die sak het." 

Dis net nog 'n voorbeeld, sê Gray, hoe huisbesit welvaart kan help skep en verbruikers talle voordelige finansiële keuses kan gee. "Die feit dat talle middeljarige mense hulself nou as finansieel onafhanklik beskou, is inderdaad te danke daaraan dat hulle vroeg in hul lewens huise gekoop het en verbande so gou as moontlik afbetaal het." 

Die nuwe tendens hou terselfdertyd voordele in vir jong gesinne wat graag in gevestigde voorstede met goeie skole, winkels, vermaak, sportgeriewe en openbare vervoer op hul drumpels wil woon maar wat dit nie kan bekostig om 'n eie gesinshuis in so 'n buurt te koop nie. 

"Deur eiendom in 'n sentrale woonbuurt te huur wat tyd en geld aan vervoer spaar is die kanse soveel beter dat hulle 'n deposito bymekaar kan maak om eendag 'n eie huis van hul eie te koop."

Senior burgers slaan munt uit hul gesinshuise

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant