Ooievaar land in Polisiekantoor

Ooievaar land in Polisiekantoor

Gansbaai Courant

Babalwa Mangela met haar pasgebore baba in Gansbaai SAPD se gebou, met AO Blanche Augustyn langs haar wat die baba gevang het

Dit was behoorlik konsternasie op die stasie by Gansbaai SAPD se kantore toe die Ooievaar vir ‘n onverwagse landing daar neergestryk het. Babalwa Mangela van Masakhane het op Woensdag, 16 April 2014 by Gansbaai polisiestasie ingekom en gevra hulle moet dringend ‘n ambulans vir haar skakel - sy gaan geboorte aan ‘n baba skenk.

Cassie Carstens van Overstrand Medical Rescue is geskakel, maar die Ooievaar was vermoedelik te haastig vir ‘n volgende aflewering wat gedoen moes word. AO Blanche Augustyn van die polisiestasie het ingegryp en die baba daar en dan gevang. Met Cassie en sy span se aankoms het hy net die naelstring geknip en die plasenta uitgedruk, “verder was alles onder beheer!” Dit is ‘n dogtertjie en ook Babalwa se vierde kind. Sonder dat sy gevra is, het sy spontaan gesê die dogtertjie se eerste naam is Blanche, vernoem na haar “vanger”. Blanche het Gansbaai Courant meegedeel dat dit die 6de baba is wat sy al gedurende haar werksure gevang het.

Hardus Botha

Ooievaar land in Polisiekantoor

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant