Watertech Plumbing

Watertech Plumbing

Gansbaai Courant

Vlnr is Venessa en Martin Knoetze saam met die nuwe eienaar van Watertech Plumbing, Joan Lancefield

Watertech Plumbing van Martin Knoetze, ‘n bekende  naam  in  Gansbaai  sedert  1997,  het  op 14 April 2014 van eienaar verwissel.

Die nuwe eienaar is Joan Lancefield van Grabouw. Martin en sy eggenote, Venessa, asook hul dogtertjie, Mekayla (7) beplan om teen die einde van die jaar na Windhoek, Namibië te verhuis.

“My eggenote, Venessa is oorspronklik van Namibië en ek gaan daar voortgaan met dieselfde besigheid as wat ek in Gansbaai vir die afgelope 18 jaar bedryf het,” sê Martin. Hy sê sy 21-jarige dogter, Enge, het nog nie finaal besluit of sy wil saamgaan nie. “Ek wil graag baie dankie sê aan al ons getroue en lojale ondersteuners oor vele jare heen, asook aan al my lojale personeellede vir hulle toegewydheid en harde werk,” sê hy.

Watertech Plumbing se personeel sal aanbly en Martin self sal steeds vir die volgende twee maande die nodige ondersteuning bied om seker te maak dat die oor-skakeling vlot sal verloop.

“Daarna sal ek steeds tot aan die einde van die jaar vir advies en ondersteuning beskikbaar wees, soos en wanneer benodig.” Dus groet Martin en Venessa nog nie finaal nie en vriende en kliënte sal hulle steeds kan kontak. Joan is baie opgewonde oor haar toetrede tot Gansbaai se besigheidslui en is ook jare lank reeds bekend met die Overstrand en omgewing. “Ek sien daarna uit om ons kliënte en die res van die Gansbaaiers te ontmoet en van naderby te leer ken,” sê sy.

Martin het beklemtoon dat Joan ‘n gesoute besigheidsvrou is en dat sy oor vele besigheidservaring en -vaardighede beskik. Sy bly tydelik in Grabouw aan, maar beplan om eersdaags permanent na Gansbaai te verhuis.

Net soos die personeel, bly alle kontakbesonderhede onveranderd. Watertech Plumbing, -Solar, -Heat pumps en -Gasinstallasies kan dus steeds by 028-384-0995 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan watertech@telkomsa.net.

Watertech Plumbing

Promosie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant