Planteleer vir Bietoubossers

Planteleer vir Bietoubossers

Gansbaai Courant

Vlnr is Mirriam Cotton (aanbieder) saam met Aletta Lochner en Marie de Jager tydens die oorhandiging van ‘n blyk van waardering aan Mirriam

Die maandelikse byeenkoms van die Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders is goed deur sowat 60 lede bygewoon. Die gasvrouens, Aletta Lochner en Marie de Jager met hulle span het behoorlik uitgehang en die groot groep dames het hulself, soos gewoonlik, terdeë geniet - dit geld natuurlik vir die smaaklike verversings ook. Mirriam Cotton het as gasspreker opgetree en die Bietoubossers het ‘n deeglike fitologie-inligtingsessie gehad, wat hulle eerder as ‘n planteleer-sessie sou wou beskryf.

“Mirriam het begin deur agtergrondgeskiedenis oor haarself aan die dames verskaf, wat almal baie interessant gevind het,” vertel Elzma de Lange. “Daarna het sy met haar aanbieding oor plantegroei in ons tuine begin.” Mirriam het die dames deeglik uitgevra oor probleme wat ‘n rol in hul tuine in hierdie omgewing speel, soos die wind en sanderige of swak grond. ‘n Belangrike vraag onder die dames het oor die onsuksesvolle aanplanting van proteas gehandel. “Die groot probleem is dat die proteas in potte geplant is en dan in warm, sanderige grond uitgeplant word,” het Mirriam gesê.

Sy het ‘n groot verskeidenheid van plante as voorbeelde saamgebring en die dames het etlike nuttige en praktiese wenke van haar ontvang. Dit het ingesluit die verskillende plantspesies wat goed hier sal aard en watter spesies liefs vermy moet word. “Anita Huisamen was die gelukkige wenner van ‘n pragtige aalwyn, asook ‘n aanbod vir die gratis uitlê van haar tuin,” vertel Elizma. Ná die interessante gesprek rondom tuinplante, is daar gesellig saamgekuier en verversings geniet. Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is op 13 Mei 2014 om 10:00 in die Kleinsaaltjie.

Vir Bietoubos-navrae kan Annette van Zyl (voorsitter) by 028-384-1075 gekontak word.

Planteleer vir Bietoubossers

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant