Geniet die tydjie by die see

Geniet die tydjie by die see

Gansbaai Courant

Daar is niks in oorvloed nie (behalwe dalk hotties), maar daar is ook niks om oor te kla nie. Die bootmanne het nie sleg gevaar nie. Die mooier weer en baie warm water (tot soveel as 24 grade, by tye) is dalk die rede daarvoor. Buiten die genoemde hotties, en dié is steeds spekvet, is daar ook geelbek gevang, kabeljou het gesig gewys, baie mooies, nogal. Die romanne is redelik volop en soos die bygaande foto aandui, is daar mooi PW’s, oftewel rooistompneuse. Dan is daar baie aasvis soos harders, maasbankers en ook elwe. Makriel word so tussenin gevang.

Albert Potgieter met sy mooi PW, ‘n hele 5.2 kilogram, en 60 cm, aangekeer by Joubert se Dam.

 Iets baie eienaardig het met my gebeur. Ek het ‘n groot gedierte (vis of haai, weet nie) aangehad en in die skoon water kon ek waarneem hoedat die lyn deur ‘n bamboes gevleg word. Die vis was onsigbaar agter die bamboes, en stewig vasgehaak. Uiteindelik het ek besluit om die lyn maar te breek. En nou die snaaksigheid  --  elke keer wanneer ek hard aan die lyn trek het ‘n groot aantal lugborrels na bo ontsnap. So het dit lank aangegaan. ‘n Rob? Onmoontlik! Dalk lug wat ontsnap vanuit die bamboesstele. Enigeen ‘n idee wat dit kon wees?

Die weer op die oomblik is ideal om see toe te gaan, en die visvangery word bysaak soos die dag aangaan. Al wat mens moet doen is om die tydjie te waardeer. Wat jou altyd bybly is die sonsopkoms/ondergang. Van die boot af is dit, tesame met die see wat die prentjie voltooi, eenvoudig asem wegslaan mooi.

Die winter is omtrent hier en die weer reeds aan die verander. Die Paasnaweek is op hande. Welkom aan al die besoekers. Geniet die tydjie saam met ons en wees asseblief versigtig, met die rondryery, maar veral wanneer die see besoek word. Wees altyd op die uitkyk vir enige iets wat jou ongerus stem. Maar, geniet die vakansietyd! 

Groete, Seemeeu

Geniet die tydjie by die see

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant