So moet visse mos lyk

So moet visse mos lyk

Gansbaai Courant

  Oubaas Lesch met sy mosselkraker van 10.64kg en Stephen Ashedin met sy steenbras van 15.62kg. Stywe lyne vir die naweek se rotshengelaars.

 “Só moet visse mos lyk!”, sê Elba Tredoux van Overberg Kushengelklub met verwysing na hulle onlangse (winderige!) hengelkompetisie wat prag-visse opgelewer het.

‘n Totaal van 20 hengelaars het vir die maandkompetisie ingeskryf.

“Ons ster van die dag was die allemintige steenbras van 15.62kg (nuwe klubrekord vir ‘n steenbras) wat deur Stephen Ashlin, voorsitter van ons klub, gevang is,” sê Elba. “Dit was sy eerste inweegvis by die kushengelklub, asook sy eerste maat steenbras.” Elba sê nog ‘n klubrekord, ‘n mosselkraker, is opgestel met die enorme mosselkraker wat die skaal op 10.64kg tot stilstand laat kom het. “Hierdie vis is deur ons ou staatmaker, Oubaas Lesch gevang, met nog mooi steenbras en galjoene wat ingeweeg is, maar nie naby die kaliber van bostaande visse nie.”

Die kompetisie se finale uitslag is soos volg: Grootste vis - Stephen Ashlin met sy steenbras van 15.62kg; Tweede grootste vis - Oubaas Lesch met sy mosselkraker van 10.64kg; Swaarste sak - Stephen Ashlin (15.62kg).

‘n Heerlike ete het daarna gevolg, met Doreen Fourie wat spesiaal bedank word vir haar smaaklike hoender-pasteie.”

Elba rig graag die volgende bedankings namens die Bestuur: Maynard van Niekerk (verkryging van borge), Buitesteen, Fish Fever, Gansbaai OK Foods, OK Value (Franskraal), Chicken Land, Gansbaai Electric, Rosemary’s, Electric City, Battery Centre en Gansbaai Liquors. “Almal besef dat die ekonomiese toestande borgskappe bemoeilik, daarom ‘n hartlike dankie teenoor alle borge,” sê Elba.

Klublede, asook nie-lede en besoekers, word aan die Interklubkompetisie met Pearly Beach Rots- en Strandhengel-klub op Saterdag, 3 Mei 2014 herinner, met groot pryse wat op die spel gaan wees. Overberg Kushengelklub se 2014-kompetisiedatums is: 3 Mei (Pearly Beach), 7 Junie, 12 Julie, 9 Aug, 6 Sept, 11Okt (Stilbaai-naweek) en 26 Des. Inskrywings is Vrydagaande en inweeg die volgende dag om 18:00 by Overberg Boothengelklub se klubgebou.

Vir navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.       

Hardus Botha

Stephen Ashlin met sy steenbras van 15.62kg, saam met sy dogtertjie, Sarah-Lee

So moet visse mos lyk

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant