Huise al dansende ontvang

Huise al dansende ontvang

Gansbaai Courant

Minister Bonginkosi Madikizela en rdl Nicolette Botha-Guthrie (middel) word deur ‘n dansende en singende skare na hul sitplekke begelei.

“Vandag is ‘n belangrike mylpaal in die 20ste jaar van demokrasie bereik,” het Minister Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse Minister van Menslike Nedersettings, tydens die seremoniële oorhandiging van huise in Eluxolweni naby Pearly Beach op Dinsdag, 15 April 2014 gesê. “Geen politieke party het geld om huise vir mense te bou nie, hulle moet net seker maak dat die belastingbetaler se geld korrek daarvoor aangewend word. Julle moet ook onthou dat politieke voorkeure nooit tot onderlinge vyandskap aanleiding moet gee nie, want dit moet nooit uit die oog verloor word dat almal die reg het tot hierdie demokrasie.”

‘n Groot groep singende en dansende opgewonde inwoners van Eluxolweni het die minister ingewag en hom van sy motor af saam met Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, rdl Nicolette Botha-Guthrie, na hulle sitplekke begelei. Die seremoniemeester, mnr Kat Myburg, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, het die voorlopige verwelkomings behartig en me Shirley Coetzee, Wykskomiteelid vir Wyk 11, het die geleentheid met Skriflesing en gebed geopen. Rdl Dudley Coetzee, Wyksraadslid vir Wyk 11, het die amptelike verwelkoming behartig. Die Direkteur: Gemeenskapsdienste, mnr Roderick Williams, het volledige agtergrondgeskiedenis oor die informele nedersetting behuisingsprojek in Eluxolweni aan die toehoorders oorgedra. Mnr Williams het bevestig dat hierdie projek teen 31 Mei vanjaar afgehandel moet wees. “Vandag is net 4 huise seremonieël oorhandig, met die res wat teen die einde van April oorhandig sal word,” het hy gesê. “Die laaste fase sal wees die registrasie van al 183 huise in die naam van die begunstigdes.”

Minister Bonginkosi, rdl Nicolette Botha-Guthrie en rdh Pieter Scholtz (middel)  saam met die vrolike skare voor een van die voltooide huise

In haar toespraak het rdl Botha-Guthrie gesê die belangrikste rede vir hierdie geleentheid is om in die vreugde van die begunstigdes te deel. “Die finalisering van die laekoste behuisingsprojek in Eluxolweni is ‘n deeglike demonstrasie van die Overstrand munisipaliteit se vordering in sy 8 jaar behuisingsprogram,” het sy gesê. “Aanvanklik is 281 potensiële aansoeke ontvang, maar slegs 183 het vir subsidies gekwalifiseer.” Sy het dit beklemtoon dat hierdie projek ‘n bewys is dat die munisipaliteit geen toegewings ten opsigte van kwaliteit maak nie, daarom sal selfs die strate teen die einde van die projek geteer wees, al is dit nie ‘n vereiste wat deur die Departement gestel word nie. Sy het ook die tekorte onomwonde aan die minister uitgespel en die vertroue uitgespreek dat die nodige voorsiening binne die volgende 3 jaar sal realiseer. “Ek wens julle graag van harte geluk met julle huise, maar vra ook dat julle verantwoordelikheid vir die deeglike omsien daarna sal aanvaar.” Daarna het sy minister Madikizela aan die woord gestel. Die minister was ook tydens die seremoniële sooispitseremonie op 13 Februarie 2013 teenwoordig. Hy het gesê meer as 500,000 mense wag op behuising en daar is net sekere begrotingsbedrae per jaar beskikbaar, daarom moet die nodige geduld aan die dag gelê word. “Die afgelope 5 jaar sedert 2009 is R103m net in hierdie omgewing spandeer, met sowat 1,200 behuisingsgeleenthede wat geskep is, wat ‘n teken is dat meer en meer huise en dienste beskikbaar gestel word,” het hy gesê. Hy het die Overstrand munisipaliteit gelukgewens met hulle ongekwalifiseerde ouditverslag - “een van die weinige munisipaliteite wat daarin kon slaag.” Minister Madikizela het ook sy dank en waardering teenoor rdl Botha-Guthrie vir haar voortgesette doelgerigtheid om vir haar streek op te staan, uitgespreek. Me Buseka Jonas van die Eluxolweni Inwonersvereniging het die bedankings hanteer, met rdl Rudolf Smit wat die verrigtinge afgesluit het. Daarna het minister Madikizela en rdl Botha-Guthrie onder groot belangstelling en toejuiging die linte voor 4 van die huise geknip, die sleutels oorhandig en saam met die eienaars deur die huise gestap. Verversings is na afloop van die geleentheid geniet.

Hardus Botha

Links het rdl Nicolette Botha-Guthrie pas die lint van een van die voltooide huise geknip, met die nuwe eienaar langs haar en minister Bonginkosi Madikizela wat toekyk

Huise al dansende ontvang

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant