Groot skrik met boot omslaan

Groot skrik met boot omslaan

Gansbaai Courant

Louis Otto by Marius van Rensburg se boot wat by Blousloep deur ‘n golf omgeslaan is, met Marius wat niks van ‘n kamera wou weet nie

Groot skrik en trauma was die gevolge vir twee gesoute boothengelaars toe die boot waarmee hulle op Vrydag, 18 April 2014 deur ‘n onverwagse golf omgeslaan is. Skipper Marius van Rensburg, eienaar van die boot, en Louis Otto, altwee van Franskraal, het by Blousloep uitgegaan om te gaan hengel. Met hulle terugkoms by Blousloep het ‘n onverwagse en groot golf die boot met brute krag omgeslaan, met ‘n reeks golwe wat kort op mekaar gevolg het. “Ons wou afspring, maar die daaropvolgende golwe het ons verhoed om dit te doen en ons kon net vir ons lewens aan die boot vasklou, met golwe wat een na die ander oor ons gespoel het,” vertel Louis. Marius en Louis het net aangehou om aan die boot vas te hou, wat later teen die rotse vasgespoel het en hulle gelukkig ‘n mate van vastrapplek kon kry. Louis vertel dat etlike mense hulle te hulp gesnel het, waarvoor hulle groot dankbaarheid koester. “‘n Onbekende dame van die Paarl het letterlik die see ingehardloop met hartpilletjies en vars water, aangesien sy gehoor het dat altwee van hulle hartlyers is. Bekendes wat deur Louis en Marius uitgelig en spesiaal bedank word, is Leibrandt van Niekerk se seun, Mynhard (15) wat ingeswem het om hulp te verleen, met Leibrandt self wat agterna is om hand by te sit. Hennie en Marinda Groenewald was ook bereid om die water en golwe te trotseer om hulp te verleen. “Aan elkeen van hulle, asook die ander gewillige mense wat bereid was om hul eie lewens in gevaar te stel om ons te probeer help, ‘n baie groot en spesiale dankie,” sê Louis. “Ons groot dankbaarheid gaan ook na ons Skepper wat ons lewens gespaar het.” Die skade aan die boot en enjine sal wel herstel kan word. Twee ervare manne, maar dit was net een van daardie onverwagse gevare van die see waar sake binne sekondes gevaarlik kan raak.

Hardus Botha

Groot skrik met boot omslaan

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant