Basaartyd

Basaartyd

Gansbaai Courant

Dis weer basaartyd in die Pretoriussaal en jaarliks word daar gesê: Daag betyds op of dis te laat om te koop, maar daar is darem ook geleentheid vir gesellige saamkuier en vele pret. Saterdag, 3 Mei 2014 vanaf 09:00 gaan die Pretoriussaal so besig soos 'n plattelandse basaardag wees…want dit is mos wat dit gaan wees. Die NG-gemeente se basaar-organiseerders het nog nooit teleurgestel nie.

Daar sal iets vir elkeen én na elkeen se smaak wees. Dit sal wissel vanaf volgelaaide Tombola- en Wit Olifanttafels, groot- en kleinkoekies, melkterte, verleidelike poedings, koeksisters en viskoekies tot by groente, vleis, etes in die restaurant op die verhoog en vele items om te koop om huis toe te neem. Die dames verantwoordelik vir die vleispasteie onder leiding van Francia van Dyk, oortref vanjaar hulle vorige getalle deur te sorg dat daar 2,000 pasteie, hoender en wild, gaan wees - en dit is “ou nuus” hoe daardie pasteie smaak. Hulle het ook 1,500 pasteie vir Pearly Beach se basaar verlede week gebak. Hulle mag maar pasteie bak. Alice Bredenkamp en haar span kleinkoekie-baksters waarborg ook weer vele dosyne kleinkoekies wat tuis “blik” toe kan gaan vir daardie heerlike “agterna”.

Die jaarlikse hoogtepunt is egter die gesellige atmosfeer en saamkuiergeleentheid wat net deur 'n basaar verskaf kan word. Vir navrae en/of verdere bydraes en ondersteuning kan die NG Kerkkantoor by 028-384-0510 geskakel word. Maak seker om vanjaar se basaar nie mis te loop nie - Saterdag, 3 Mei 2014 vanaf 09:00 in die Pretoriussaal.

Hardus Botha

Basaartyd

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant