DA het n Plan wat kan werk nie lee beloftes

 DA het n Plan wat kan werk nie lee beloftes

Gansbaai Courant

Met 2014 se verkiesing voor die deur word die DA deur verskillende partye uit teenoorgestelde oorde onder meer van die volgende beskuldig: dat dit ‘n Wit party is; nie meer vir Wit en Bruin kiesers omgee nie; niks anders as ‘n “ANC Light” is nie.

Nie net is sulke beskuldigings onwaar en ongegrond nie; maar in weerwil daarvan is die DA inteendeel verteenwoordigend van alle rasse en is dit juis besig om vir die toekoms van Suid-Afrika te veg deur goeie, etiese en deelnemende regering voor te staan. Die Wes-Kaapse regering, sowel as die rade van verskeie munisipaliteite is trouens meerrassig. Die DA se grootste aanspraak is dat hy ‘n plan het wat werkloosheid, armoede en korrupsie op nasionale vlak met mening sal beveg. Daarby is een van die grootste verskille tussen die DA en die ANC die feit dat die DA geen korrupsie duld nie. Onder die huidige ANC-regering is Suid-Afrika besig om op ‘n ramp af te stuur, soos by die meeste van die munisipaliteite in die land gesien kan word uit onder meer die wanbestuur van enorme bedrae, kader-ontplooiing, nepotisme wat angswekkende afmetings aanneem, ensovoorts, ensovoorts. Daarenteen het die DA reeds in die Wes-Kaap en by DA-beheerde munisipaliteite bewys wat goeie en deelnemende regering tot voordeel van alle mense teweeg kan bring - en nie net vir ‘n enkele rassegroep nie.

Van die vele politieke partye wat aan die komende verkiesing gaan deelneem, is die DA een van die enigstes wat naas die ANC al die geleentheid gehad het om munisipaliteite of ‘n provinse te bestuur.

Tref jy ‘n vergelyking tussen die onderskeie vertonings van die twee partye, kan daar mos geen twyfel wees oor wie die beste is nie! Aan die einde van die dag is daar net een vraag wat gevra kan word deur kiesers wat ernstig is oor die toekoms van ons land: Hoe kan ons help om ‘n verskil teweeg te bring in die landsbestuur en daardeur ook deel van die oplossing word vir alle Suid-Afrikaners?

Die DA se oproep is: Kom ons staan saam om in Suid-Afrika vir ons en ons nageslag ‘n toekoms met hoop te bou. Stem op 7 Mei 2014 vir die DA!

 DA het n Plan wat kan werk nie lee beloftes

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant