Kreef op die spyskaart

Kreef op die spyskaart

Gansbaai Courant

Paasnaweek het Anton Roos (woonagtig in die Strand) in Franskraal gaan kuier, die heerlike weer benut en sy kwota kreef gaan uithaal. Hier spog skipper Anton, sy seun, Johan en sy maats, Francois en Alnico Kruger met van hulle vangs.

Die water was op ‘n stadium baie, baie warm en daar ís vis gevang. Paasnaweek het die watertemperatuur baie gesak, en hoewel dit nie die visvangste ten beste beinvloed het nie, was dit goeie nuus vir die ouens wat gaan soek het vir kreef. Sommige ouens kon egter nie kla nie. Let wel, die huidige kreefseisoen is iets van die verlede.

Om ‘n boot te besit is sekerlik ‘n groot seën en iets wat enige jong hengelaar maar net oor kan droom. Vir die wat daarin geslaag het en vir wie die seetoe-ganery soort van alledaags geword het, is dit tog iets wat te alle tye ‘n voorreg bly. Tesame hiermee gaan ook die besef van wat daarmee gepaardgaan en ‘n pligsbesef wat hand aan hand gaan met die titel van skipper. Daar is baie booteienaars wat op die swaar manier geleer het dat bootkoop amper meer behels en dalk meer kophou verg as wat die bekende gesegde, trou is nie perdekoop nie, aandui! Soos die aanskaf van ‘n motor, waar jy eers later in die jare die regte keuse maak, is dit met die bootstorie baie dieselfde. Sonder om nou in baie detail te gaan, moet die volgende faktore in gedagte gehou word. Wat is die doel met die aankoop? Hier word verwys na waarvoor die boot gebruik gaan word. Dis onwaarskynlik dat die jonger outjie kommersieel sal kan visvang, dus sal die boot vir sport en ontspanning gebruik word. In sy geval is dit dus nie nodig vir laatjies nie en ook sal die boot heel waarskynlik redelik lig wees en die motors ook nie so kragtig nie. Die tipe boot behoort egter ‘n maak te wees wat al baie ter see beproef en betroubaar gevind is. Daar is nog ander goed om in gedagte te hou soos byvoorbeeld die trekvoertuig wat gebruik gaan word. Jy moet weet dat dit nie ‘n goeie idee is om stuk-stuk te koop en hoop om so te bespaar nie. Individueel is die onderskeie artikels baie duurder. Dit sal dus betaal om liewer ‘n eenheid aan te skaf. Eendag, wanneer jy dalk moet verkoop sal die teenoorgestelde weer van toepassing wees. Verkoop stuk-stuk en jy behoort ‘n ekstra rand of twee in die sak te steek. Wie jou bemanning gaan wees sal later ‘n belangrike oorweging wees. Ook die finansiële verpligtinge is ‘n bepalende faktor.

Nou kom ek by die eintlike ding  --  jy vang al ‘n paar jaar vis en hét ‘n ordentlike boot. Nou wil jy ‘n amper-bootjie aanskaf  --  so ietsie oor die 3 meter. Die ouens vang dan so baie kabeljou met hierdie goedjies! Versigtig. Hierdie manne ken die see en meeste van hulle ken mekaar. Al wat ek wil sê is dat dit nie sommer vir aanskaf en vang is nie. Daar is voor- maar ook nadele. Die manne wat sukses behaal met hierdie amperbootjies weet waaroor veral hierdie manier van visvang gaan, weet waar dit veilig is en wanneer om waarheen te gaan. Selfs hierdie manne, wat die see goed ken, beland somtyds in ‘n situasie wat, indien hulle nie kophou nie, rampspoedig kan wees. Soos nou onlangs gebeur het. Dan kom ondervinding in die prentjie en hierdie ouens het gelukkig heelhuids daarvan afgekom. Almal  --  wees asb. altyd op die uitkyk vir gevaartekens.

Lekker vang, Seemeeu

Kreef op die spyskaart

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant