5 Bote vir 90kg vis

5 Bote vir 90kg vis

Gansbaai Courant

Onderskeidelik links en regs is Salmon Herselman en Thys Fourie elk met ‘n mooi Makriel, met Salmon wat ook sy pragtige Rooi Roman vertoon

Die Birkenhead Boothengelklub se boothengelaars voel heel tevrede met hulle onlangse maandelikse boothengel-kompetisie - “behalwe dat die see so stil was dat ons eintlik op ‘n dam visgevang het,” was die eenparige kommentaar wat gelewer is. ‘n Mooi aantal bote (5) het ingeskryf en al 5 het ingeweeg, met ‘n totale bemanning van 14 wat deelgeneem het, insluitend 2 dames.

Nege verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis wat ingeweeg is, was 130 met 'n totale massa van 90.15kg, wat ‘n gemiddeld van 6.44kg per hengelaar beteken. Volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, De Wet Giliomee (Rooi Roman - 2.1kg); 2de Swaarste vis, Johan Burmeister (Rooi Roman - 1.9kg); Swaarste sak, Johan Burmeister (5 spesies - 11.20 punte); 2de Swaarste sak, Jean Downing en De Wet Giliomee (2 spesies - 9.68 punte); Swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing (4 spesies - 10.76 punte); 2de Swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (5 spesies - 9.98 punte); Dame Swaarste sak, Dixie Walsh (2 spesies - 9.41 punte). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (27.80 punte); Relêks 2 van Jean Downing (22.76 punte); Laura 2 van Raymond Rabe (18.07 punte). Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (27.39 punte); Jean Downing (20.88 punte); Salmon Herselman (19.33 punte); Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh (14.86 punte). Kennis moet geneem word dat boothengelkompetisies nie meer noodwendig op die 1ste Saterdag van elke maand plaasvind nie.

Die volgende boothengelkompetisie is vir 24 Mei 2014 geskeduleer, insluitend die gebruiklike en gesellige aandfunksie. Dan word ‘n gesellige Moedersdagete vir Sondag, 11 Mei beplan, wat nie misgeloop moet word nie. Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.

Hardus Botha

5 Bote vir 90kg vis

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant