Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Gansbaai Courant

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3)(regs) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet. Ernst het ook die Erediens waargeneem en interessante inligting oor die omstandighede in Rusland oorgedra.

Die NG-gemeente se Uitreikaksie het ‘n gesellige braai vir hulle gereël en daar is sommer heerlik saamgekuier. Die egpaar woon in die dorp Bolshoye ozero (“big lake” of “groot meer”) in Rusland. Ernst is reeds vir die afgelope 20 jaar die Sendingpredikant daar en praat vlot Russies. Hy het 5 jaar gelede met Betsie in die huwelik getree, wat daarna by hom aangesluit het. Hulle is ook ou bekendes in Gansbaai en dit was dus nie hul eerste besoek aan Gansbaai nie en onder andere het hulle gereelde kontak met dr Dawie en Alethea Pansegrouw van Franskraal.

“Woordverkondiging daar was voorheen byna makliker as deesdae, aangesien dit nou met veel meer beperkinge gepaardgaan,” het Ernst gesê. Daar is gretig na Ernst en Betsie se vertellinge en wedervaringe geluister, wat velerlei interessanthede opgelewer het. “Wat julle hier by julle as ‘koud’ bestempel, voel vir ons soos ‘n hittegolf,” het Ernst skertsend met verwysing na hulle weersomstandighede gesê.  

Hardus Botha

Voor vlnr is Alethea Pansegrouw, ds Ernst en Betsie Toerien van Rusland met hul dogtertjie, Nadja op haar skoot, dr Dawie Pansegrouw en ds Dirk van Dyk. Agter vlnr is Marina van Dyk, Daan en Martie Victor, Amanda le Roux, Anita Botha, Dawie le Roux en Elcine en Johan Hulme.

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant