Houtmaker sterf tragies

Houtmaker sterf tragies

Gansbaai Courant

Alfred Daniel Frans (59) van Stanford het verlede Vrydag volgens sy familie gaan houtmaak toe hy deur ΄n motor getref is en gesterf het.

Volgens Adj Off S Hugo was ΄n dame en haar vriendin om 18:45 met haar Hyundai op pad van Caledon na Gansbaai. Sy het op die R43 hoofpad naby Tembilihle (Hopland) vir ongeveer 80 meter agter ΄n voertuig gery.

Terwyl sy agter die voertuig gery het, het sy 'n groot tak aan die linkerkant van haar voertuig gesien asook 'n donker vorm. Omdat dit reeds donker was kon sy nie sien wat dit was nie, maar het 'n slag teen haar voertuig gevoel.  Nadat sy die slag teen haar voertuig gevoel het, het sy rem getrap en gestop.

Nadat sy gestop het, het haar vriendin vir haar gesê dat sy moet omdraai en na die naaste polisiestasie gaan om die voorval te rapporteer aangesien dit gevaarlik was waar hulle gestop het. Terwyl sy omgedraai het en weer in die rigting van Stanford gery het kon sy nie enige tak of persoon in die omgewing sien nie. Sy het toe die voorval by die SA Polisiediens Stanford aan Konstabel Mnqwazi gerapporteer.

Terwyl sy die voorval gerapporteer het, het die klagtekantoor  'n klagte ontvang dat 'n persoon op die R43 omgery is.

Konst Mnqwazi het die klagte bygewoon en 'n persoon met kopbeserings langs die R43 gekry. Die ambulans was ontbied en hul het die persoon op die toneel dood verklaar.

Francois de Jongh

Houtmaker sterf tragies

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant