Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Landdros Mouton het Vrydag in die Strandse Streekshof aangedui dat sy op 30 Julie uitspraak sal lewer in die bylmoordsaak van Nugget Otto. Otto is vroeg die oggend op 21 Februarie 2011 in sy slaap vermoor. Hy is na bewering deur die houtkapper, Johan Julies, in sy slaap vermoor deur hom twee keer met 'n byl in die kop te kap. Die staat en verdediging het die uitgerekte saak Vrydag met hul betoë afgesluit. Die laaste getuie was 'n hofordonnans, Sers Nigel Pieterse, wat Vrydag deur Samantha Pieterse, regshulp prokureur van die beskuldigdes, Johan Julies en sy houvrou, Mariaan Nobles, gedagvaar is om te getuig.
Sy het aangevoer dat die hofordonnans gehoor het hoe 'n medegevangene van Julies, wat teen hom getuig het, met Spr Kapt Danie Rautenbach by die hof gepraat het oor staatsvergoeding vir sy getuienis. Sers Pieterse het dit ten sterkste ontken. Sy het verder in haar betoog beweer dat Rautenbach nie net die staatsgetuie selmaat van Julies omgekoop het nie maar ook vir Claudine Dyk van die veiligheidshuis waar Julies en Mariaan se kinders na hul arrestasie gebly het. Volgens haar is die 8-jarige seun, wat getuig het hoe hy gesien het hoe Julies vir Otto vermoor het, ook omgekoop. "Hulle is omgekoop om teen 'n onskuldige familietjie te getuig," het Samantha Pieterse in die hof gesê. Landdros Mouton het hierop gevra wat se motief Kapt Rautenbach kon hê om getuies om te koop. Sy het die staatsaanklaer, Harold Engelbrecht, versoek om nie sy volle betoog in die hof in te lees nie maar dit net in te dien. Uitspraak in hierdie opspraakwekkende moord word op 30 Julie by die Streekshof in die Strand verwag.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...