Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Tydens 'n baie suksesvolle driedaagse spesiale operasie het seevissery beamptes verlede week 15799 perlemoen in Buffelsjag gekonfiskeer. In die eerste geval is 32 sakke perlemoen verlede Woensdag om 10:00 na inligting uit 'n betroubare bron ontvang is, gevind.
Die sakke was by Buffelsjag onder groen plastiek en boomtakke versteek. Die vonds is na Gansbaai se polisiekantoor gebring en die 3854 perlemoen het 689.20 kg geweeg. Die straatwaarde word op R413 520 geraam.
Drie uur later op dieselfde dag is nog 'n besending van 41 sakke sowat 80 meter van die eerste besending gevind. Dit was onder bosse versteek en die 3420 (644.20 kg) perlemoen het 'n geraamde straatwaarde van R386 000. Volgens Hoof Mariene Bewarings Inspekteur en bevelvoerder van Gansbaai omgewing, Gilbert Mmereki, het omstanders in Buffelsjag opstandig geraak. Niemand is nog gearresteer nie maar die saak word ondersoek. Soos reeds verlede week berig is, is daar ook twee dae vroeër op 8525 perlemoen beslag gelê wat in 'n houthut in Buffelsjag versteek was.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...