Glibberige kalant aangekeer

Glibberige kalant aangekeer

Gansbaai Courant

Elias (alias Dumy) Adendorf (26), wat as 'n reeksinbreker reeds berugtheid verwerf het, is sowat 'n maand gelede op parool vrygelaat. Getrou aan sy nering het hy egter glo na bewering op Sondagnag 6 Julie op die klein gemeenskap van die PJ Gerber Natuurreservaat toegeslaan en by 11 huise ingebreek. Sommige eienaars was tuis maar het nie wakker geword nie.

Elias was ook in Junie 2010 in die nuus deurdat hy hom toe sonder 'n draad klere aan, deur 'n handgrootte vensterdiefwering  by Steenbokstraat in Kleinbaai ingewurm het. Die eienaar, Deon Botha en sy vrou, Marlene, se hondjies het hul op die tweede verdieping wakker gemaak. Die agterdeur het daarna geklap en die inbreker het ontvlug. Hy het egter sy klere, skoene, 'n lang jagmes in 'n skede en sy selfoon op die buitenste vensterbank laat lê. Hy is kort daarna gearresteer.

Elias het reeds in die hof verskyn vir die inbrake by die natuurreservaat en bly in aanhouding. Die ondersoekbeampte, Sers Leon Crafford, het bevestig dat van die gesteelde eiendom wat by die 11 huise gesteel is in Hermanus opgespoor is en dat Elias direk daarmee verbind word.

'n Tweede verdagte, Gilbright Visser (24), van Hermanus is ook met die inbrake en verkope van die gesteelde ware verbind.

Francois de Jongh

Glibberige kalant aangekeer

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant