Dubbele rooftog

Dubbele rooftog

Gansbaai Courant

Twee afsonderlike rooftogte op Somaliese winkels in Blompark en Stanford op Sondagaand 27 Julie 2014 is vermoedelik deur dieselfde rowers uitgevoer.

Die twee winkeleienaars is broers. In Blompark is die een deur ‘n swart man met ‘n vuurwapen gedreig en ‘n 16-jarige meisie is met die vuurwapen  oor die kop geslaan. Twee verdagtes het buite in ‘n voertuig gesit, waarna hulle met sowat R2,000 ontvlug het.

In ‘n soortgelyke voorval, slegs sowat ‘n uur later, het twee swart mans ‘n Somaliese winkel in Stanford binnegekom onder die voorwendsel dat hulle sigarette wou koop en een van hulle het ‘n pasteitjie vir hom gekry.

‘n Derde verdagte het vermoedelik in die voertuig bly sit. Terwyl die winkelier die sigarette gaan kry het, het die man wat daarvoor gevra het, ‘n vuurwapen uitgehaal en op die winkelier gerig. “Hy het in Engels gesê dat alle geld aan hom oorhandig moet word, terwyl die ander man die winkelier aan sy arms gegryp en vasgehou het,” het AO Sarena Hugo, Kommunikasie-offisier van Stanford SAPD, gesê. “Die man met die vuurwapen het die geldlaai geneem, die winkelier eenkant toe gestamp en met sowat R2,000.00 op die vlug geslaan.” Stanford SAPD was naby die winkel op patrollie en die winkelier, wat nie beseer is nie, het hulle voorgekeer en oor die voorval ingelig.

AO Hugo sê die aanvallers het die toneel vermoedelik in ‘n bakkie verlaat. Twee Ethiopiërs van Hermanus is dieselfde aand, kort ná die voorval, gearresteer, met een wat weggehardloop het. Die vuurwapen is later deur Stanford SAPD gekry. Die beskrywings van die verdagtes te Blompark en Stanford stem ooreen.

AO Hugo is in 1999 as Stanford SAPD se Kommunikasie-offisier aangestel. Sy is met ingang van 31 Julie 2014 te Cloetesville SAPD aangestel en woon nou in Stellenbosch. Sy gaan op huishoudelike geweld (Domestic Violence) fokus.

AO Hugo het gereeld persverklarings aan Gansbaai Courant uitgereik en sy word alle voorspoed in haar nuwe werksomgewing toegewens.

Hardus Botha

Dubbele rooftog

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant