Jong ma sterf mesdood

Jong ma sterf mesdood

Gansbaai Courant

'n Jong ma het Dinsdagaand wreed gesterf toe sy met 'n groentemes in die bors gesteek is. Jo-Ann (Heidi) Arendse (27) en haar houman, Steven Speelman (Bom), se karavaan staan op die perseel van Henry John by Gousblomstraat 27, Blompark.

Heidi was 'n werknemer by Gansbaai Courant waar sy weekliks vir die afgelope agt jaar 'n koerantvouer was.

Volgens John het Heidi se dogtertjie, wat Maandag twee jaar oud word, by hom en sy vrou in die huis geslaap. "Ons is baie lief vir haar en sy is in ons huis gebore. Sy is vir ons soos 'n eie kind." Volgens John het hy, sy vrou en die kind reeds om 20:00 ingekruip. "Speelman is kort daarna deur sy werkgewer afgelaai en Heidi het sowat 30 minute later kom klop. Ek het gesê ons lê al en as sy en Bom probleme het, moet hulle dit self oplos."

Volgens John was alles rustig en het hy om 04:15 die tuinhekkie hoor oopgaan en net na 05:00 het Speelman en die polisie na die karavaan gekom.

Heidi se liggaam is binne gevind en Bom het na bewering gesê dat hy om 24:00 onder hul bed ingekruip het om 'n lig se draad reg te maak. Volgens hom het hy op sy maag ingekruip en toe hy uitkom het hy die mes wat hy gebruik het agter sy rug gehou. Heidi het toe na bewering 'n epileptiese aanval gekry en op die mes geval.

Die voorval is eers meer as 4 uur later deur Speelman by die polisie aangemeld. Die bewering dat hy 'n elektriese draad vir 'n bedliggie wou regmaak is vreemd aangesien daar slegs 'n elektriese kabel na 'n stofie aan die anderkant van die karavaan was. "Ek trek daardie draad se prop elke aand om 07:30, nadat hulle klaar gekook het uit, aangesien ek bang is hulle los die plaat aan. Daar was ook nog nooit 'n elektriese lig in die karavaan nie en die bed is te laag en onder vol stoorgoed dat enige mens daar kan inkruip," het John gesê. Die patalogiese nadoodse ondersoek het getoon dat sy deur die ribbes, hart en tot in die ruggraat gesteek is.

Speelman is aangekla, het reeds in die hof verskyn en is uit op borg. Volgens die ondersoekbeampte, Spr Sers Leon Crafford word sy alibi tans ondersoek.

Heidi word Saterdag om 13:00 vanuit John se huis in Gousblomstraat begrawe. 

Francois de Jongh

Jong ma sterf mesdood

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant