Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
'n Sewentienjarige seun is Saterdagmiddag wreed vermoor terwyl hy met 'n baba op die arm onderweg was om inkopies vir sy ma, Liza, te gaan doen. Tertius Appel is om 15:00 kortby sy ouerhuis deur John Appel (37), wat nie aan hom verwant is nie, in Leeubekkiestraat voorgekeer. John het vroeër op Sondag, 7 September, 'n klag van saakbeskadiging teen Tertius gemaak omdat 'n klip wat in sy huis ingegooi is sy yskas beskadig het. Hy het ook na bewering op die noodlottige oggend 'n klag van afdreiging by die polisie gelê.
Volgens ooggetuies het John, nadat hy vir Tertius voorgekeer het, 'n mes uitgepluk en hom in die bors, nek en rug gesteek terwyl hy sy suster, Rhona se babaseuntjie, Fabian Abrahams, in sy linkerarm gedra het. "Ek het gesien hoe Tertius in die regterkant van sy nek gesteek word. Die bloed het gespuit en hy het oor die pad gehardloop en op 'n huis se stoep skuiling gesoek. Die man is agterna en het hom met 'n slaanding oor die rug geslaan," het die oorledene se suster, Sunekka, Dinsdag gesê. Ma, Liza, het gesien hoe hy gesteek word en hoe hy probeer vlug. Hy het ook na sy ma geroep en gesê: "My ma, bel die polisie want ek gaan 'n saak maak." Liza het oor die pad gehardloop, die baba gegryp en in haar erf gaan neersit. "Toe ek weer by Tertius kom het hy gehurk gesit, ek het hom probeer help maar dit was te laat." Volgens ooggetuies het die moordverdagte, John Appel, daarna van die toneel af weggehardloop. Die polisie is ontbied en terwyl hulle na die toneel onderweg was is hulle deur die verdagte voorgekeer. Hy is daarna saam met hulle na die moordtoneel.
Die verdagte het reeds in die hof verskyn en die saak word verder ondersoek. Tertius word Saterdag om 10:00 vanuit sy ouerhuis, Leeubekkiestraat 115 en daarna uit die New Life Kerk begrawe.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...