Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Hierdie eienaardige insek, byna soos ‘n vlieg, maar skraal en langer, is in hulle hordes besig om my spinasieblare te verorber,” vertel Eddie Barnard van Franskraal. Daar is letterlik duisende daarvan en Eddie sê almal is omtrent permanent besig om te paar. Heelparty van Eddie se bure kla oor dieselfde insek wat besig is om groenteblare te verorber en hulle wil weet wat dit is en hoe om dit te beheer. Samantha Otto van Gansbaai Courant het die identiese insek op internet opgespoor. Dit is die Love Bug, Plecia nearctica en is ‘n lid van die familie march flies. Dit staan ook bekend as die honeymoon fly, kissingbug of die double-headed bug. Tydens en ná paringstyd bly die paartjies bymekaar, selfs terwyl hulle vlieg, wat ook die geval met die insekte in Franskraal is. Hierdie insek is vir die eerste keer in 1940 deur DE Hardy van Galveston, Texas beskryf. Internetinligting verwys daarna dat Love Bugs letterlik in hulle honderde/duisende kan voorkom - in die begin van die lente, maar ook later in die somer. Volwassse wyfies leef slegs sowat 3-4 dae, terwyl die mannetjies bietjie langer leef. Love Bugs word ook makliker deur ligte kleure aangetrek, selfs deur pas-geverfde mure wat met ‘n ligte kleur geverf is. Die insek is klein, maar langer en skraler as ‘n vlieg, is swart met ‘n kort rooi/bruin lyfie tussen die langerige vlerkies en kop met twee kort voelertjies, met lang pootjies en twee kort pootjies direk onder die lyfie. Kundige advies kan by handelaars in insektedoders ingewin word rakende die beste gifmiddel wat veilig gebruik kan word. Intussen het Jan Fourie van Gansbaai Superspar daarna verwys dat dit weer tyd is vir die Vyeboor-insek (Phryneta spinator - Fig tree borer), en dat inwoners hulle vyebome moet dophou. Gansbaai Courant het al verskeie kere hieroor berig en dat dit nie net ‘n vyeboom kan laat vrek nie, maar ook as ‘n plaag kan versprei
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...