Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Steven Speelman (Bom), wat daarvan aangekla is dat hy sy houvrou, Heidi Arendse, op 26 Augustus met 'n mes doodgesteek het en op borgtog vrygelaat is, is weer gearresteer. Hy het na bewering vir Henry John op wie se erf sy karavaan staan oor die mesdoodberig in die Courant gedreig.
John het Maandag in Hermanus se Landdroshof getuig hoe Speelman oor die berig in die Courant vir hom gesê het: "Wat gaan hier aan. Hou jou hier uit want jy gaan nog seerkry."
Bom het aan die hof gesê dat hy nie geweet het dat John 'n staatsgetuie is en dat hy nie met hom kontak mag hê nie.
Hy het egter wel erken dat hy wel vir John wou dreig. Speelman se borgtog is ingetrek en die R2000 borggeld is aan die staat verbeerd verklaar. Hy sal in Oktober weer in die hof verskyn en bly in aanhouding.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...