Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
"Die gruwelike wyse waarop julle 'n slapende man doodgekap en jong kinders, wat ontvanklik is vir indrukke, daaraan blootgestel het, asook die moontlike gevolge op hul latere lewens, vul my met walging en afgryse," het Streekslanddros Franselien Mouton Maandag in die Strandse Streekshof tydens vonnisoplegging gesê.
Johan Julies (35) en sy houvrou, Mariaan Nobles (33) wat op 8 Augustus skuldig bevind is aan die bylmoord op Jan "Nugget" Otto (46) op 21 Februarie 2011, is Maandag swaar gestraf.
Mouton het bevind dat Dolus directus hier geld wat beteken dat hy die direkte bedoeling gehad het om Otto dood te kap. "Ek sien ook geen berou by een van julle twee nie," het Mouton gesê. Sy het daarna aan Julies gevangenisstraf van 18 jaar vir moord en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede, waarvan 7 jaar samelopend sal wees, opgelê. Julies is dus effektief vir 25 jaar sonder parool tronk toe gestuur.
Mariaan Nobles is 15 jaar tronkstraf vir moord en 10 jaar vir roof met verswarende omstandighede opgelê waarvan 7 samelopend is. Sy sal dus effektief 18 jaar tronkstraf uitdien. Julies en Nobles het hul vonnisse emosieloos aangehoor.
Mouton het in haar uitspraak lof gehad vir Spr Kapt Danie Rautenbach en sy span wat ten spyte van min forensiese bewyse moes steun op goeie speurwerk. "Dit was duidelik dat elke leidraad opgevolg is en geen steen onaangeraak gelaat is nie," het Mouton gesê. Ook die staatsaanklaer, Harold Engelbrecht, het hom uitstekend van sy taak gekwyt ten spyte van die feit dat hy eers laat by die saak betrek is. Hy moes gevolglik 2500 bladsye transkripsie en bewysstukke deurwerk om die saak so suksesvol te kon aankla.
Wyle Nugget se vrou, Tania, wat tans in Langebaan woon het na afloop van die uitspraak gesê sy is dankbaar dat die saak so suksesvol afgehandel is. "Ek is verlig en tevrede dat hulle so swaar gestraf is, al sal dit nie vir Nugget kan terugbring nie."
Nugget wat die vorige aand as skipper van die Wildegans 2 getrawl het, het nog geslaap terwyl Tania reeds gaan werk het. Die moordenaars het met 4 kinders, waarvan die oudste 7 jaar was, die huis betree. Julies het Nugget, wat steeds geslaap het, met twee massiewe bylhoue in die kop geslaan waarna hulle die moordtoneel opgeruim en juweliersware, selfone en 'n kamera gesteel het. Hulle het dit dae later kamstig in die herwinbare rommel by die stortingsterrein "gevind".
Landdros Mouton het gesê dat die twee deurgaans baie vernuftig was en dat sy nog nooit 'n saak aangehoor het waar daar soveel same-swering en verdagmaking was nie. Sy het verder ook gesê dat kinders verskanste regte het en dat die hof 'n plig het om hulle en die gemeenskap te beskerm. Dit is in die openbare belang dat daar gesien moet word dat die hof in dié verband ferm optree. Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...