Inbrekers loop hul rieme styf

Inbrekers loop hul rieme styf

Gansbaai Courant

Na 'n vlaag van inbrake in Franskraal, Kleinbaai en die dorpsgebied het die polisie die afgelope week suksesvol teruggeslaan. Jan Neels van Blompark het twee weke gelede na bewering 'n ingevoerde draf-babastootwaentjie uit 'n voertuig in Franskraal gesteel. Konst Ronel Pieterse het Neels ondervra en daarna die stootwaentjie gaan haal waar hy dit verkoop het. Nog vyf verdagtes is gearresteer vir huisbrake in Blompark. Hulle word verbind met 'n inbraak in Roosstraat en van hulle het ook te doen met aanranding- en diefstalsake in die middedorp. Die verdagtes is Presley Robertson, Julian Davids, Gary Delport, Gregory Witbooi en Johannes Hendrik (Apie).

In 'n losstaande voorval Maandagoggend is drie verdagtes deur die polisie gejaag nadat inligting van die publiek ontvang is. 'n Minderjarige seun (16) is gearresteer en 'n beursie wat in Seaviewlaan, Franskraal gesteel is, is teruggevind.

André Claasen alias Hasie (38) is Dinsdagoggend om 01:10 naby Gansbaai Courant se perseel in hegtenis geneem vir die besit van 'n gevaarlike wapen. 'n Deur is by die Courant se buitegebou oopgeforseer, maar die alarm is geaktiveer en die inbreker het hom uit die voete gemaak. Die moontlikheid dat Claasen met die inbraak verbind kan word, word verder ondersoek.

Al die verdagtes se borgaansoeke word weens vorige oortredings  teengestaan.

Francois de Jongh

Inbrekers loop hul rieme styf

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant