Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Twee welgeklede swart vroue het Saterdagoggend om 11:00 by Goose Bay Paints oor verdigtingsmateriaal navraag gedoen. Die eienaar, Stephanie Oosthuizen, is saam met die jonger een, wat verwagtend is en 'n swart reguithaarpruik gedra het, agter die rakke in. Die ouer vrou het voor by die toonbank gewag. 'n Swart man, wat ook baie welgekleed was en soos die vrouens ook baie goeie Engels gepraat het, het navraag oor dakverf gedoen en het Stephanie 'n geruime tyd besig gehou. Die twee vrouens is intussen by die winkel uit en Stephanie het kort na die man se vertrek agtergekom dat haar handsak, wat agter die toonbank was, gesteel is. Bankkaarte, haar beursie, ID-dokument en bestuurslisensie was in die handsak. Haar man, André, was ten tye van die voorval op die gholfbaan en het hom dadelik terug gehaas. "Dit gebeur nou elke Vrydag en Saterdag dat mense wat nie klante is nie, hier rondhang en in die winkel wil kom rondstaan. Winkeliers moet hierop bedag wees en die polisie bel as iemand verdag voorkom," het André Maandag gesê.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...