Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Oud-Stasiebevelvoerder van Gansbaai, André Moolman (71), se fiets is onlangs gesteel, maar die sondebok het hom met hierdie op-en-wakker geharde oud-polisieman misgis. André, wat baie lief is om met sy bekende geel fiets veral in die hawe te ry, terwyl hy ook ‘n gereelde stapper is, vertel dat hy weer onlangs in die hawe gestap het. ‘n Man op ‘n fiets het sy aandag getrek en met sy “polisie-mind” was hy daarvan oortuig dat dit sy fiets was. Tuis aangekom het hy sy fiets by die agterdeur gesoek en, soos hy vermoed het, was dit skoonveld. Hy en sy eggenote, Nellie spring toe dadelik in sy bakkie om na sy fiets te gaan soek. By Gansbaai Marine sien hy die man met sy fiets wat ewe rustig na die see staar. Die man het arrogant gesê dit is sy fiets, maar dis net daar waar die polisiebloed in sy are begin vloei en hy “arresteer” die man net daar en sorg dat hy vinnig agter in die bakkie se kappie inkom. “Ek sê toe vir Nellie om polisietasie toe te ry, ek sal met die fiets agternakom,” vertel André. Die kappie, wat se deur nie van binne af oopgemaak kan word nie, word toe sowaar deur die “gearresteerder” opgeforseer. “Die man was so glibberig soos ‘n slang, maar nie vinnig genoeg nie en ek het hom teruggeprop, terwyl Nellie die polisie skakel. “Die polisie was naby in die omgewing en het baie vinnig by ons opgedaag en die man in die vangwa gelaai,” sê André. “Ek is tevrede en het my fiets teruggekry.” Tot en met 1989 was André Gansbaai SAPD se Stasiebevelvoerder. “Dit was in ‘n tydvak waar ons bykans nie geweet het wat is ernstige misdaad in Gansbaai nie,” vertel hy. “Maar vandat ons hier woon, het hulle minstens vier keer by ons ingebreek en, kan jy glo, een van die vorige inbrekers wat gevang is, is die bylmoordenaar van Nugget.”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...