Valke getuig in Perlemoensaak

Valke getuig in Perlemoensaak

Gansbaai Courant

Lt Kol Lize Potgieter, projekleier van die polisie se ondersoekeenheid na georganiseerde misdaad, algemeen bekend as die Valke, het Dinsdag begin om die staat se getuienis teen die sogenaamde Barends-sindikaat te lei.

Sy het 'n organogram, 'n skematiese voorstelling van die sindikaat wat op die middelblad verskyn, aan die hof voorgehou en bespreek. Dit toon in detail waar al die aangeklaagdes betrokke was. Sy het daarna meer spesifiek na 'n insident verwys waar 'n verklaring deur een van die beskuldigdes, Freddy Matthews, vir Frank Barends direk betrokke gemaak het. Volgens sy verklaring het hy geld van Barends ontvang om 'n voertuig aan te koop vir die vervoer van perlemoen.

Dit word verwag dat Potgieter nog vir 'n lang tyd in die getuiebank sal wees.

Op die organogram word sekere sindikaatlede as Artikel 204 getuies aangetoon. 'n 204 Getuie is 'n persoon wat met die misdaad verbind word, maar wat die staat om tegniese redes besluit het om 'n staatsgetuie te maak. 'n 204 Getuie word dus nie aangekla nie maar hy moet tot die bevrediging van die hof getuig. Sou hy dit nie doen nie word hy aangekla as mede-beskuldigde.

 

Die hof was nie Woensdag en Donderdag in sitting nie. Die tyd is gebruik om die saak te bespoedig deur erkennings van die verdedigingspan se advokate te kry oor Artikel 213 verklarings. 'n Artikel 213 verklaring is byvoorbeeld perlemoen wat verlate gevind is. Dit word as 'n feit beskou en die polisiebeampte wat daar aan diens was hoef dan nie oor daardie voorval in die hof te getuig nie. Sy verklaring word bloot as 'n bewysstuk ingehandig. Die verdediging behou egter die reg voor tot kruisondervraging indien nodig.

Regter Nathan Erasmus het Maandag, nadat 'n beskuldigde weens geldtekort nie opgedaag het nie gewaarsku dat alhoewel hy begrip en simpatie met sulke probleme het dit nie 'n rede is dat die saak nie kan aangaan nie. "Hierdie tipe probleme gaan weer opduik en ek sal nie huiwer om borg in te trek en 'n lasbrief vir arrestasie uit te reik nie. Dan is daar nie meer 'n probleem nie en kan die staat die beskuldigde vervoer. Die saak sal nie weggaan nie – reël om hier te wees. Die staatshulp-advokate word ook nie betaal as hulle nie sit nie," het  regter Erasmus gesê.

Francois de Jongh

Valke getuig in Perlemoensaak

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant