GOD het skoonheid geskep

GOD het skoonheid geskep

Gansbaai Courant

 “Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring. As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon!”  Psalm  8:2-5 

Ons kan maar net elke rondom ons kyk om GOD se wonderwerke en skoonheid te aanskou.

Die see, die berge, die wolke en blomme wat op verskillende tye in die veld opkom is werklik vir ons almal tekens van GOD se hand in die natuur. Elke keer as ek daardie groot walvisse uit die water sien beur en met ’n groot geplons weer in die water val, besef ek hoe besonderse GOD ons dien. Die skoenlappers met al hulle kleure, die voëls en al hulle vere, ja elke blaartjie aan elke boom vertel van die HERE se wonderwerkende krag.

Tog is dit oor die mens en sy skoonheid, sy aansien en eer, wat die digter in Psalm 8 praat. GOD het die mens as die toppunt van Sy skepping geskape – sodat die mens aan Sy Skepper die eer en die lof kan bring. Maar dit is hierdie mens wat GOD se kroon van Sy skepping is wat op aarde die meeste skade aan die natuur en aan medemense doen. Daaroor wil ek nie vandag praat nie. Kom ons dink daaroor na dat die skoonheid wat GOD in ons geskape het, nie net uiterlik is nie. Ware skoonheid kom van binne. Dis eers wanneer die liefde van Jesus Christus in jou gegroei het dat jy na buite die mooiste skoonheid begin vertoon. Jou ware skoonheid is ’n groeiproses – die saadjie word deur die Heilige Gees in jou geplant – en met Sy krag en jou samewerking ontwikkel jy in die mooiste mens wat GOD se beeld na buite vertoon.

’n Baie slim en vername vrou het eenkeer terwyl sy ’n boek lees skielik by een sin stilgestaan en dit weer en weer gelees totdat sy besef het dit is vir haar ’n spesiale boodskap. Dit sinnetjie was ’n besonderse gebed: “GOD, maak my mooi van binne!” Dit was die begin van ’n nuwe lewe vir hierdie ernstige vrou. GOD het haar in een sinnetjie van ’n boek gevind en haar hart met skoonheid aangeraak.

Mag ek en jy ook elke dag bid dat GOD ons van binne af mooi maak sodat ons na buite kan straal van Sy liefde. As jou innerlike skoonheid goddelik is, sal dit waaraan jy raak en die mense waarmee jy te doen het, ook gevul word met GOD se heerlikheid! Dan is ons werklik Jesus se volgelinge!

GOD het skoonheid geskep

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant