Barends onveilig in tronk

 Barends onveilig in tronk

Gansbaai Courant

"Ek twyfel of ek oor 'n jaar nog gesond gaan wees want selfs die beamptes loop almal met maskers oor hul monde en neuse in Pollsmoor rond." Só het Frank Barends, wat saam met mede-beskuldigde, Chris Crous, in die perlemoensindikaat-saak aangehou word, in die Hooggeregshof gesê. Barends, wat sy regshulp advokaat Vrydag in die pad gesteek het, het regter Nathan Erasmus, Maandag versoek om die hof toe te spreek. Hy het gesê dat hy nie veilig in Pollsmoor is nie. Hy is verlede week saam met Crous vanaf Goodwood gevangenis, waar hy reeds meer as 3 jaar aangehou word, oorgeplaas. Sy regsverteenwoordiger, adv Nell het glo die oorplasing sonder sy medewete versoek, sodat hy makliker "toegang" vir konsultasie kon verkry. Crous is saam met hom oorgeplaas. "Vanaf my aankoms daar is ek geïntimideer deur tronkbende gangsters. Ek het dit onmiddellik aan die seksiehoof rapporteer en is dadelik saam met Crous in 'n driemansel toegesluit. Die seksiehoof het gesê ons moet versigtig wees aangesien Pollsmoor 'n oop-tronk is en mense vinnig in enige seksie kan inglip. Die bewaarders kan ook nie oral kyk nie en daar is nie oral kameras nie en sommige werk ook nie," het Barends gesê. Hy het verder aangevoer dat hy nie daar vir sy saak kan voorberei nie. Al sy aantekeninge en persoonlike eiendom van oor die afgelope 3 jaar is ook steeds in Goodwood. Hy het die regter versoek om hulle terug te plaas na Goodwood. Dit is toegestaan.

Die saak word egter vertraag omdat 'n nuwe regshulp-advokaat aangestel moet word om Barends te verdedig. Voorleggings in dié verband moet op 4 Desember gedoen word. Die verhoor sal na die reses op 2 Februarie 2015 hervat. Om te voorkom dat die hofverrigtinge in die toekoms moet afstaan as gevolg van fisiese ongesteldheid, dood in die familie óf enige ander rede, soos reeds verskeie kere in hierdie saak gebeur het, het regter Erasmus as volg gereël.

Hy het uitgewys dat die wet in gepaste gevalle voorsiening maak dat die saak in afwesigheid van 'n beskuldigde kan voortgaan. "Wanneer so 'n situasie hom voordoen en ons steeds binne die regsriglyne beweeg en die betrokke beskuldigde se advokaat teenwoordig is, kan ons voortgaan. 'n Getikte transkribering van die verrigtinge sal daarna aan die afwesige beskuldigde ter insae voorsien word.  Indien nodig kan die getuienis dan weer opgehaal word. "Dit sal onnodige afstaning voorkom terwyl die beskuldigde se regte beskerm word," het regter Erasmus gesê.

Francois de Jongh

 Barends onveilig in tronk

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant