Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
'n Man van Masakhane, Abongile Fodo (26) en nog 'n verdagte van Hermanus, Gideon Ntlanga (30), is verlede Donderdag omstreeks 02:00 op die N2 buite George gearresteer.
'n Wit Nissan bakkie was onderweg na Wildernis en polisiebeamptes wat inligting van die Attaqua K9-honde-eenheid in Oudtshoorn opgevolg het dat perlemoen deur die Suid-Kaap vervoer sou word, het die verdagte voertuig gevolg. Die bestuurder het by die Kraaibosch-afrit afgedraai. Nadat hy stilgehou het, het hy uitgespring en weggehardloop.
Hy word steeds gesoek maar 'n wit Toyota Yaris wat voorgery het, het omgedraai om te kyk waar die bakkie was. Die twee insittendes is gearresteer nadat 82 sakke perlemoen met 'n gewig van 1149 kg op die bakkie gevind is. Die straatwaarde word op R1.5 miljoen geraam.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...