Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Drie verdagtes wat tans op parool is, is gearresteer nadat hul eiendom uit 'n Nissan Pathfinder voor 'n huis in Maraisstraat, Franskraal gesteel het.
Die diefstal is op videoband vasgelê en Mortimer Engel, Henry Adendorf en Michael Engel is aangekeer en daar is beslag gelê op ander gesteelde eiendom. Dit sluit 'n duur horlosie, "game pad" en 'n skootrekenaar in. Adendorf en Engel was ook in besit van dwelms.
"Lede van die publiek het verlede week foto's van Engel in De Kelders en Franskraal geneem waar hy verdag voorgekom en erwe betree het.
Hulle wou egter nie kriminele klagtes lê nie. Engel se paroolvoorwaardes was dat hy slegs tussen 10:00 en 16:00 mag rondbeweeg. As hy te eniger tyd jou erf betree kan hy in hegtenis geneem word," het Spr Kapt Rautenbach gesê. Volgens hom het die polisie 'n lid van die publiek wie se selfoon gesteel is, versoek om 'n klagte te lê en 'n dossier te open. Die persoon wou nie, maar het op die sosiale media oor die diefstal gekla. "'n Klagte op die sosiale media kan nie tot 'n arrestasie lei nie. Lê 'n verklaring by die polisie af – hulle sal dit selfs by jou huis kom afneem. "
Gevangenes wat op parool uit is skep tans 'n groot probleem omdat hulle nie hul paroolvoorwaardes nakom nie en steeds volhou met kriminele bedrywighede. Hierdie paroollopers word gemoniteer deur Korrektiewe Dienste en die polisie. Sou die paroolvoorwaardes verbreek word, kan die polisie nie dadelik arresteer nie, maar lê 'n verklaring aan Korrektiewe Dienste voor. Die paroolraad kan dan 'n beslissing maak dat die persoon die res van sy gevangenistermyn moet uitdien.
Die hoë risiko gevalle word egter gereeld deur die polisie ondersoek. Die oortreding van borgvoorwaardes word egter deur die polisie hanteer. As dit oortree word, word daar aansoek gedoen vir 'n lasbrief om die persoon te arresteer.
Rautenbach het ook verwys na klagtes wat tans gereeld na vore kom oor die gebruik van die sosiale media. "Die publiek moet versigtig wees op sosiale media. Wetstoepassers word as individue geteister en hul eer en waardigheid word aangetas. Dit kan lei tot kriminele aanklagte," het Rautenbach gesê.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...