Negatiewe publisiteit met betrekking tot die situasie in onderwys in die RSA en spesifiek die uitslae van die Jaarlikse Nasionale Assessering (JNA’s) het die afgelope tyd hoogty gevier in die media.
Veral die feit dat minder as 10% van die Gr 9-leerders met hierdie assessering 50% en meer vir die Wiskunde-vraestel kon behaal, was kommerwekkend vir die meerderheid ouers. Die persepsie dat dit in alle skole die geval is, veroorsaak dat veral ouers toenemend negatief ingestel raak jeens skole waar hulle kinders skool gaan.
Ten einde hierdie persepsie in perspektief te plaas, maak Laerskool Gansbaai sy eie JNA-prestasies bekend aan die publiek en veral vir die aandag van ouers.