Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Na ‘n jaar se skietery dat die vonke spat, was dit hoogtyd dat die pistole met skaaptjoppies vervang word vir ‘n gebraaiery dat die vonke spat. Dit is nou Gansbaai Pistoolklub wat hulle Jaareind-funksie met ‘n gesellige braai afgesluit het. Die Saterdag voor die afsluiting is trofeë en sertifikate aan presteerders oorhandig. Die volgende skuts is beloon: Frans De Wet (Victor Ludorum Trofee: Beste Klubbydraer plus Sertifikaat: Getroue Bywoning); Steve Celliers (Trofee & Sertifikaat: Mans bo 60); Adri Wessels (Trofee & Sertifikaat: Vrouens bo 60); René Human (Trofee & Sertifikaat: Mans tussen 49 en 59); Koos Jordaan (Sertifikaat: Beste Pistoolskut); Johan van der Mescht (Sertifikaat: Beste Geweer- & Pistoolskut plus Sertifikaat: Getroue Bywoning); Jack White (Sertifikaat: Getroue Bywoning); Dirk Ackermann (Sertifikaat: Getroue Bywoning). Belangstellendes in die op-en-wakker pistoolklub van Gansbaai kan inskrywingsvorms en relevante inligting by Gansbaai Toerisme gaan afhaal. Deel van die klub se aktiwiteite sluit die volgende in: Algemene Jaarvergadering in September; Bemanning van waterpunte van die jaarlikse Polisie-staptog, Lions Marathon op 31 Desember en Lions ½ Fietsmarathon in Februarie; Ope Skietdag in November; Permanente uitstalling by Gansbaai Toerisme; Herstel van die skietbaan se omheining en die skoonmaak van die terrein as gevolg van vandalisme; Valentyns Pret-skietdag; Opgradering van die klub se parkeerarea. Die klub se oefentye onder die wakende oog van hulle ervare voorsitter, is elke Saterdagoggend vanaf 08:00 tot ongeveer 10:30 en kinders met windbukse is eweneens welkom. Enige navrae kan aan ondervoorsitter Andy Hammond by 028-384-2062 gerig word, of skakel voorsitter Alec Kitley by 028-384-0335 of 083-379-2275.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...