Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Vandalisme is nou maar eenmaal nie iets wat uitgeroei kan word nie, wat die redes daarvoor ookal is en watter tipe van genot daaruit ookal mag voortspruit. Onlangs was dit AB en Fiona Smit van Seaview Rylaan 31, oorkant Perdekraal in Franskraal, wat onder vandaliste deurgeloop het. Die enorme venster (4m x 2½m), wat oor die see uitkyk, is blatant om middernag met ‘n groot klip gegooi, reg bokant die drie bekende porseleinpoppe wat besoekers verwelkom. AB het die polisie ontbied, maar om sulke oortreders sonder die publiek se hulp vas te trek, is waarskynlik ‘n onbegonne taak. Gansbaai SAPD het gemeld dat daar in afsonderlike voorvalle, ook gedurende die nag, klippe deur nog drie huise in Maraisstraat en Sea View Rylaan in Franskraal gegooi is. Inwoners het in al drie die gevalle ‘n voertuig kort daarna hoor wegjaag, wat daarop kan dui dat dit nie noodwendig kinders is wat daarvoor verantwoordelik is nie. Intussen is vanuit onbevestigde bronne van etlike ander woonhuise se vensters wat ook onder klipgooiers deurgeloop het, verneem. Lede van die publiek wat die SAPD enigsins met hierdie gevalle behulpsaam kan wees, word versoek om Gansbaai SAPD by 028-384-0201 te skakel.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...