Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die plaaslike polisie ondervind tans ‘n tendens dat sake geopen word, maar wanneer die polisie die gesteelde eiendom terugkry, word die saak teen die verdagtes teruggetrek. Kennis moet geneem word van ‘n besluit dat geen sake in die toekoms wat by die SAPD aangemeld word, teruggetrek sal word nie. Dit sal slegs by die hof gedoen kan word. Hierdie tendens dui op die gevolgtrekking dat Gansbaai vrot van misdaad is, maar in werklikheid is dit die opening van sake en dan die terugtrek daarvan wat die statistiese getalle hoog maak.
Op 16 Desember 2014 omstreeks 20:55 was Sers Marais en Sers Testa besig met patrollies in Masakhane Gansbaai. Sers Marais het ‘n vrou opgemerk wat verdag voorgekom het. Toe die vrou sien dat die polisie haar dophou, het sy die groen sakkie in haar hand op ‘n huis se dak gegooi. Sers Marais het uit die voertuig gespring en die volgende oomblik het die vrou omgedraai en gesien dat sersant Marais agter haar staan. Sy is gevra waarom sy die sakkie op die dak gegooi het. Sy het gemaak asof sy hom glad nie verstaan nie. Sersant Testa was ook teenwoordig en het by die verdagte gebly terwyl sersant Marais die sakkie van die dak gehaal het. Toe hy die sakkie voor die vrou oopmaak, was daar ‘n groot hoeveelheid mandrax, asook sakkies met dagga in gewees. Sersant Marais het die 48-jarige vrou, Lulama Liliso gearresteer vir die besit van dwelms en sy het reeds in die hof verskyn.
Op Saterdag, 13 Desember 2014 omstreeks 07:40 het Sers Testa inligting ontvang van ‘n groot hoeveelheid dwelms wat in ‘n karavaan in Blompark versteek is. Met haar aankoms op die toneel het sy die verdagte in die karavaan aangetref en gesê dat sy dit graag vir dwelms wil deursoek. Die verdagte het gesê dat hy op die bed sal lê, terwyl sy die plek deursoek, maar sy het hom versoek om op te staan. By nadere ondersoek het sy ‘n groot hoeveelheid mandrax tablette gevind, asook ‘n groot hoeveelheid tik. Die mandrax tablette is getel en daar was 26 pille. ‘n 20 jarige man, Kreesan Dudley, is gearresteer en het reeds in die hof verskyn.
Adj-Off. C W Le Roux, (Kommunikasie Beampte)
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...