Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Volgens mediaberigte het Pres Jacob Zuma op 17 Desember 2014 gesê dat die regering verbind bly om energiesekerheid vir die land te verseker deur middel van die kernkragbouprogram wat 'n integrale deel van die land se energiemengsel vorm.
Suid-Afrika beplan om 9600mw se kernkrag op te wek. Zuma het in 'n verklaring gesê dat die kernkragprogram gegrond is op twee verskillende stukke kernkragwetgewing, asook die geïntegreerde hulpbronplan (IRP) van 2011. Volgens hom het Suid-Afrika reeds aansienlike vordering met die voorbereidingsfase wat die aankopeproses van sy nuwe kernbouprogram voorafgaan, gemaak. Konsultasies met Rusland, China, Japan, Frankryk, Suid-Korea en VSA het reeds plaasgevind. Daar was ook "verkoperparades" waar dié lande hul kernkragtegnologie aan Suid-Afrika vertoon het. Die regering se tegniese ondersoek vir 'n besluit tot aankope sal ook deur hierdie voorleggings gerugsteun word. Volgens Zuma sal die kernbouprogram massiewe infrastruktuur-ontwikkeling en 'n gestimuleerde ekonomie tot gevolg hê en só duisende hoë gehalte poste skep.
Bantamsklip net buite Pearly Beach bly 'n voorkeurterrein. Die impakstudie op die omgewing en geologiese toetsboorgate om die stabiliteit van die gebied te bepaal, is ook reeds suksesvol afgehandel. Dit het onder andere bevind dat die kernkragaanleg veilig teen aardbewings sal wees.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...