Babs sluit inbrekers in motorhuis toe

Babs sluit inbrekers in motorhuis toe

Gansbaai Courant

Dit gebeur nie aldag dat ‘n 75-jarige dame twee inbrekers in haar motorhuis toesluit om gearresteer te word nie. Dié dame is Babs Vivier van Kabeljoustraat, Kleinbaai en ook bekende op 4x4 hindernisbane met haar Landrover. “Ek was uit en met my tuiskoms het ek my motor in die motorhuis getrek en my inkopie-sakkies uitgehaal en die motorhuisdeur weer gesluit,” vertel Babs. “Met die uitklimslag het ek ‘n beweging in die aangrensende waskamer, wat deel van die motorhuis vorm, gewaar, maar gemaak asof ek niks gesien het nie.” Haar motorhuis is met ‘n deur na haar slaapkamer verbind en sy het doodluiters (waar tog benoud!) na die slaapkamer gestap en die deur agter haar gesluit. Daarna is sy na die woonkamer en het daardie deur ook agter haar gesluit. “Toe ek die alarm vir Secma International Security wou aktiveer, het ek benoud besef dat my afstandbeheerder in die motorhuis is,” vertel sy. “Ek moes weer die twee deure een vir een opsluit om dit te gaan kry en is weer op dieselfde wyse terug na die woonvertrek, met die deure weer geslote agter my. Babs het die paniekskakelaar gedruk en Secma se Leon Fourie en Brent Killian se reaksie op die paniekalarm was uitstekend en hulle was baie vinnig op die toneel. Die twee inbrekers, vermoedelik van Masakhane, het intussen só gerus gevoel dat hulle selfs in die motor vir besittings gekyk het. Net daar is hulle deur die Secma-manne gearresteer en Gansbaai SAPD kon hulle vir ‘n “besoek” aan die polisiestasie kom oplaai. Die twee het toegang tot die motorhuis verkry deur ‘n gat wat hulle in die dak van die waskamer gesny het, waardeur hulle geklim het.

Babs was destyds ook ‘n aktiewe lid van die voormalige Gansbaai Offroad Eco Club. “Ek het intussen twee knie-vervangings gehad en die gebruik van die Landrover se koppelaar was te moeilik,” vertel sy. “Ek wou nie afstand doen van 4x4 pret nie en het toe die Landie se ratkas met ‘n outomatiese ratkas laat vervang!” Die Bestuur van Secma International Security bedank graag hulle twee personeellede, Leon en Brent, vir hulle uitstekende reaksie op die paniekalarm. “Dis mense soos julle wat sorg dat ons kliënte veilig voel.” Babs het ook ‘n opregte woord van dank uitgespreek teenoor Leon en Brent se vinnige optrede, asook teenoor Gansbaai SAPD-lede wat vinnig op die toneel was. “Dit word opreg waardeer,” het sy gesê.

Hardus Botha

Babs sluit inbrekers in motorhuis toe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant