Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub het verlede naweek hulle eerste Hengelkompetisie vir 2015 aangebied,” vertel Isolde Smith, Sekretaresse van die klub. “En ons hengelaars het beslis nie teleurgestel nie!” Vyftien hengelaars het aan die kompetisie deelgeneem en het altesaam 19 visse ingeweeg, met ‘n totale massa van 56.9kg.
Deon Strydom het vir ‘n nuwe klubrekord gesorg met sy yslike 14.7kg kabel-jou wat hy gevang het.
Annes Visagie was die seniorwenner vir die dag, met Hanco Strydom as die juniorwenner.
Isolde sê die nuwe Kaptein vir 2015, Phillip Fourie, het hom goed van sy taak gekwyt en die manne het tot laataand die begin van ‘n goeie seisoen gevier. Die klub het ook hul Algemene Jaarvergadering gedurende Desember 2014 gehou en ‘n nuwe Bestuurskomitee vir 2015 is gekies: Fanie du Toit (Skakeling met hengelaars), Elize du Toit (Spesiale geleenthede/sekretaresse), Leon Vos (Ondervoorsitter), Willem Mathews (Sekuriteit en Onderhoud), Isolde Smith (Sekretaresse/Spesiale geleenthede), Fernando De Gouveia (Onderhoud), Johan Coetzee (Voorsitter/Tesourier) en Mike Lamb (President). “Hierdie gedugte span word alle voorspoed vir 2015 toegewens.
Klubnavrae kan aan Isolde Smith by 084-320-8613 gerig word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...