Polisievroue in ernstige ongeluk

Polisievroue in ernstige ongeluk

Gansbaai Courant

 “Dit is ‘n bestiering dat ons die ongeluk oorleef het en ons kan dankbaar wees om nog te lewe,” sê konst Ronel Pieterse van Gansbaai SAPD. Ronel en haar kollega en vriendin, konst Renata Sauls, asook laasgenoemde se twee seuns, Fernando (11) en Rehagen (4), was in die VW Polo toe dit minstens 4 keer gerol het. Net Ronel was oor in die voertuig, met Renata en die seuns wat uitgeval het, maar Fernando het onder die voertuig beland waar hy om hulp geskree het.

Ronel het etlike kneusplekke oor haar hele liggaam opgedoen, maar is sonder ander ernstige beserings. Renata het etlike snywonde opgedoen en haar linkerskouer en elmboog is gebreek en sy is tans in die Hermanus Mediclinic. Fernando is ook steeds in dieselfde hospitaal, met sy regterbeen en linkertoon wat gebreek is.

Klein Rehagen het ernstige kopbeserings opgedoen en was met die ter perse gaan van hierdie berig steeds in ‘n koma in die Rooikruis Hospitaal, maar het vanaf Dinsdag met tye bygekom.

Die dames was op Sondag, 18 Januarie 2015 met Renata se nuwe VW Polo vanaf Swellendam op pad en het anderkant Riviersonderend van die N2 afgedraai na Gansbaai. Sowat 10km verder was daar ‘n trop tarentale in die pad, met Renata wat uitgeswaai het en beheer oor die voertuig verloor het. “Van wat ek kan onthou, moes die voertuig minstens twee keer teen die wal af gerol het en daarna weer twee of dalk drie keer,” vertel ‘n erg getraumatiseerde Ronel wat tans tuis aansterk. “Toe ek uit die motor kruip en die liggame sien wat op die grond lê, was dit ‘n baie groot skok, en toe hoor ek hoe Fernando onder die voertuig om hulp roep.” Ronel sê sy het alle pogings aangewend om hom onder die voertuig uit te kry, maar kon nie daarin slaag nie. Hy kon eers onder die voertuig uitgehaal word nadat hulp opgedaag het. “Renata se bykans splinternuwe motor is so erg tydens die ongeluk beskadig, dat dit sonder twyfel afgeskryf sal word,” sê Ronel. “Ek wil graag vir die wonderlike mense van Swellendam en Riviersonderend, wat by ons stilgehou het, bedank vir die ywer waarmee hulle ons gehelp het, asook die bystands-dienste wat later opgedaag het.”

Hardus Botha

Polisievroue in ernstige ongeluk

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant