Lang pad van herstel

Lang pad van herstel

Gansbaai Courant

Met verwysing na vele navrae rakende Kobus du Toit van Vleispaleis se toestand, kan hiermee bevestig word dat dit onder omstandighede goed met hom gaan, maar dat ‘n lang pad van herstel op hom wag. Kobus het vanuit Hermanus Mediclinic aan Gansbaai Courant gesê dat ligamente ook geskeur het, maar dat sy been nie in traksie geplaas kan word vir die herstel daarvan nie, as gevolg van die erns van die besering aan sy linkerbeen. Kobus was op Donderdag, 8 Januarie 2015 in ‘n ongeluk op die Kleinbaaipad met sy motorfiets betrokke, nadat ‘n voertuig ‘n U-draai voor hom gemaak het. Sy linkerbeen is op 3 plekke gebreek wat onder operasie geheg moes word, ‘n veloorplanting moes gedoen word en 6 eenhede bloed moes as gevolg van bloedverlies toegedien word. Intussen is hy weer geopereer vir die herstel van die potjie in die heup wat uitgeglip het. Intussen is Kobus vanaf die Intensiewe Sorgeenheid na die gewone saal oorgeplaas en sterk daar aan, maar verduur steeds baie pyn en sal waarskynlik nog geruime tyd in die kliniek deurbring, met verdere operasies wat nie uitgesluit is nie. Hy is positief en sê die dokter is tevrede, maar daar wag sonder twyfel ‘n lang pad van herstel op hom. ‘n Regstelling in die vorige berig (Gansbaai Courant, Donderdag, 15 Januarie 2015) is die volgende: Kobus het nie met sy groot Honda Steed motorfiets gery nie, maar met sy heelwat kleiner 125 Voca motorfiets toe die ongeluk plaasgevind het. “Dit sou nogal iets gewees het om te aanskou indien Kobus met sy 125 Voca gedurende die winter na Sutherland sou gery het,” het Pieter Maree, voorsitter van die Scattered Links, Overberg Chapter se Gansbaai-tak vir motorfietsers, waarvan Kobus ‘n lid is, gesê.  

Hardus Botha

Lang pad van herstel

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant